Afrikaanse boeke is 'cool'
Die bekroonde Afrikaanse skrywer Marita van der Vyver was gister die coolste tannie op aarde toe sy kinderharte by Laerskool Pionierspark in Windhoek met 'n voorlesing uit haar boek Die Coolste Ouma op Aarde verbly het. Van der Vyver is vandeesweek op besoek aan Namibië vir praatjies by skole in Windhoek en aan die kus, asook om met Afrikaansonderwysers oor kreatiewe skryfwerk te gesels. Foto Tunohole Mungoba
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie