Afrikabeker groot toets vir diepte
Namibië stel onder die omstandighede beskeie doelwitte, maar streef nogtans om hul kanse maksimaal te benut.
Andrew Poolman – Die diepte in Namibiese hokkie word aan 'n groot toets onderwerp tydens die twee afsonderlike toere vandeesmaand en in Februarie.
Uiteraard is die hooffokus op die binnenshuise Wêreldbeker volgende maand in België, waar beide Namibië se mans- en vrouespan hul beste voet moet voorsit.
Voor dit (17 tot 23 Januarie) word die Afrikabekertoernooi in veldhokkie egter in Ghana se hoofstad Accra gespeel – waarheen Namibië se nasionale mans- en vrouespanne ook op Vrydag 14 Januarie pad is.
Mnr. Johann Weyhe, afrigter van die manspan vir die Afrikabeker, maak geen geheim nie dat sy span tans die hardste daaraan werk om hul samespel en strategie op die verdediging op te knap.
Hul openingswedstryd is immers teen Suid-Afrika op 17 Januarie – die volslae gunsteling wie se mans en vroue reeds die laaste sewe Afrika-kampioenskappe op 'n streep ingepalm het. Egipte was in ses van die laaste sewe eindstryde die RSA-mans se teenstander.
Die Namibiese mans is een van net drie spanne in hul groep, met die hoop om op dag twee in hul tweede wedstryd teen Kenia vir 'n verrassing te kan sorg deur met 'n oorwinning na die halfeindronde in die toernooi te kan vorder. Dit sal 'n groot prestasie en 'n historiese deurbraak vir een van die toernooi se laagste gerekende spanne wees.
Weyhe sê: “Teen Suid-Afrika sal ons, soos die gesegde lui, waarskynlik die bus parkeer en ons hele span op die verdediging nodig hê. Ons wedstrydplan teen Kenia sal waarskynlik meer ruimte laat om met teenaanvalle vorendag te kom.
“As Namibië sy beste span kon saamstel, sou ons meer ambisieuse doelwitte kon stel, maar die binnenshuise Wêreldbeker is 'n ontsaglike geleentheid en ek gun dit vir die gekose spelers.
“Ons benader ons groepwedstryde met oop oë. Ek glo enige span wat soos ons onderskat word, maar wat sy tegnieke reg inspan en met hart en siel speel, is in staat om die sterspanne onder druk te hou.”
Weyhe sê hy het volle vertroue in beide Namibiese spanne se afrigtingspanne, wat oor voldoende kwalifikasies (meestal FIH vlak 2 en hoër) en internasionale ondervinding beskik.
Die mans speel vandag om 18:30 by WHS die tweede van hul opwarmwedstryde teen 'n plaaslike uitnodigingspan. In die eerste wedstryd eergister is Namibië met 0-0 doelloos gehou, nadat hulle nie die aanvalskanse kon afrond wat hulle geskep het nie.
Weyhe sê beide Namibië se mans- en vrouespanne is teen Covid-19 ingeënt. Ghana volg streng reëls vir buitelandse besoekers en diegene wat nog nie ingeënt is nie, moet met hul aankoms op die lughawe 'n eerste inenting ondergaan.
Namibië manspan: Robin Kambinda (School of Excellence, doelwagter), Derrek Retief (Whk Old Boys, doelwagter), Josh van der Merwe (DTS), Dian la Cock (Whk Old Boys), Tarrant Butcher (DTS), Nicolai Hilbert (Saints), Travis Mayes (Wanderers), Christopher D'Alton (DTS), Jack Fourie (Whk Old Boys), Ivan Mendes Semedo (DTS), Kave Tjikuniva (School of Excellence), Baggio Kharigub (NUST), Delron Handura (School of Excellence), Percy Barthram (DTS), Matuu Kavikairiua (Whk Old Boys), Jan-Izak de Villiers (Wanderers), Joseph van Niekerk (Saints), Christian du Raan (Saints). Afrigters: Johann Weyhe en Cedric Makati. Spanbestuurder: Janine van der Merwe.
VROUE
Die Namibiese vroue sal in Ghana hul aanslag in 'n groep begin wat ook Zimbabwe, Uganda en Suid-Afrika insluit.
Die ewe jong Namibiese vrouegroep bevat twaalf spelers wat nulletjies in die kolom vir internasionale wedstryde het en net vyf van die spanlede het meer as tien wedstryde vir Namibië. Dié vyf is Joané van Rooyen (14 wedstryde), Celé Wessels (15), Taramarie Myburgh (15), Ina Louis (16) en Jahntwa Kruger (16).
Namibië vrouespan (ouderdomme aangedui): Maxie Smith (29, doelwagter), Jaime Henckert (17, doelwagter), Joané van Rooyen (19), Britta Haensel (27), Celé Wessels (19), Carien van Rooyen (20), Vanessa Schoeman (20), Taramarie Myburgh (19), Anthea Coetzee (17), Gina Olles (17), Wiandri Ludwig (26), Charlize Rix (20), Xena Martins (19), Tisha Mendes Semedo (18), Sascha Leigh Brinkmann (17), Ina Louis (33), Caitlin Coetzer (16), Jahntwa Kruger (21). Die twee nie-reisende reserwes is Sonet Crous (20) en Kyana Crous (17). Afrigters: Melissa Gillies en Randy Slabbert. Spanbestuurder: Manda Myburgh.
FOTO’s
Ina Louis is een van die min spelers in die vrouespan met betekenisvolle internasionale ondervinding.
Percy Barthram is in die manspan na die Afrikabeker.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie