Afrikadag: Simbool van solidariteit
Estelle de Bruyn - Namibië is een van net ses lande op die Afrika-vasteland waar Afrikadag ‘n openbare vakansiedag is.
Die dag is gister herdenk.
Ander Afrikalande waar Afrikadag ‘n openbare vakansiedag is, is Ghana, Mali, Zambië, Lesotho en Zimbabwe. Die dag word ook elders in Afrika en deur Afrikane in die diaspora herdenk.
Afrikadag is die jaarlikse herdenking van die stigting van die Organisasie vir Afrika-Eenheid op 25 Mei 1963.
Tussen 1958 en 1963 het 17 Afrikalande onafhanklikheid van Europese koloniale moondhede gekry. Om hierdie bevryding te herdenk, het verskeie Afrikalande destyds begin om die dag van Afrika-bevryding te herdenk.
Die jong, onafhanklike lande het ‘n behoefte gehad om solidariteit met mekaar te betoon en gevolglik het leiers van Afrikalande in Mei 1963 in Addis Abeba vergader om die OAU tot stand te bring. Altesaam 30 van die destydse 32 onafhanklike Afrikastate het op 25 Mei 1963 ‘n stigtingshandves in die Ethiopiese hoofstad onderteken.
Volgens die oorspronklike handves is Afrikadag die geleentheid om jaarliks die vordering met die bevryding van die vasteland te hersien. Dit simboliseer oor die vasberadenheid van die mense van Afrika om hulle van buitelandse oorheersing en uitbuiting te bevry.
Die organisasie was ‘n belangrike politieke rolspeler op die vasteland tot die 1990’s.
Al was planne vir die verandering van die OAU tot die Afrika-unie reeds vir ‘n geruime tyd beraam, is die Afrika-unie amptelik in 2002 in Durban, Suid-Afrika tot stand gebring. Die toenemende ekonomiese eerder as politieke uitdagings wat die vasteland in die 1990’s begin ondervind het, het die verandering na die Afrika-unie genoodsaak.
Vandag bestaan die Afrika-unie uit 53 lidlande en streef daarna om die vasteland te verenig en kollektief die uitdagings soos gewapende konflik, klimaatverandering en armoede die hoof te bied.
Vanjaar se viering van Afrikadag het saamgeval met die Eerste Wêreld Humanitêre Spitsberaad van die Verenigde Nasies wat op 23 en 24 Mei in Turkye aangebied is.
Die hoofkantoor van die Afrika-unie is steeds in Addis Abeba, maar die wetgewende arm, die Pan-Afrika-parlement is in Midrand, Suid-Afrika gevestig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie