Afskeidsdiens gehou vir slagoffers van gasbottelontploffing
Familie en vriende van ses kinderslagoffers van die gasbottelontploffing 'n paar weke gelede op 'n plaas naby Dordabis, het tydens ''n spesiale diens die geleentheid gehad om van hulle afskeid te neem.
Dr. Schalk Botha van die Bybelgenootskap van Namibië se Trauma Healing Network het kinders en volwassenes bygestaan wat die afskeidsdiens bygewoon het. Die ontploffing op die plaas /Garib het reeds die lewe van 10 slagoffers, onder wie nege kinders en een volwassene, geëis. Vier kinders uit een gesin het aan hul beserings beswyk. Me. Anna Geibes (30), mnr. Eric Jooste (34), Hernandes Plaatjies (3) en Jujina !Nau/gawases (13) sterk in die intensiewesorgeenhede in hospitale in Windhoek aan, terwyl die 13-jarige Anastasia Geibes ook in die hospitaal aansterk.
Die konvooi met die oorskot van die slagoffers vertrek Vrydag om 17:00 van die familiewoning in Soweto, Katutura, na die plaas /Garib vir die begrafnisdiens en teraardebestelling wat Saterdag om 08:00 op die plaas en by die plaaslike begraafplaas sal plaasvind. Die diens sal gelei word deur pastoor Paul Hatani Kisting. Navrae kan gerig word aan raadslid Penina Iita (081 227 9619, mnr. Uhuru Dempers (081 252 5095), me. Magreth Mutiwali en me. Pauline Soroses (081 295 1391).
Die Evangeliese Lutherse Kerk van die Republiek van Namibië (ELCRN) het ook ''n spesiale trustrekening by Nampost geopen om die familie by te staan. Die rekeningbesonderhede is Witbeen Family Funds, Smartcardnr. 343 743 633.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie