Afskopfluitjies blaas in Algiers-spele
Die geelwortel van kwalifisering vir die 2018 Olimpiese Jeugspele is 'n groot motivering.
Andrew Poolman - Die eerste skote klap vandag by die Afrika Jeugspele in Algiers, waar Namibië se hokkiespanne (seuns en meisies), boogskutters en sewesrugbyspan die land se aanslag aan die gang sal sit.
Benewens die spogreg en kontinentale medaljes, is daar in verskeie deelnemende sportkodes ook kwalifiserende plekke vir die Olimpiese Jeugspele vroeg in Oktobermaand in Buenos Aires op die spel.
Die sewesrugbyspan onder afrigterskap van Patrick Ludick moes in hul voorbereiding terugslae verwerk toe beplande oefenkampe in Suid-Afrika en op Swakopmund weens geldelike tekorte afgestel is.
Nogtans behoort die gehalte van Namibië se jong rugbytalent hom 'n sterk aanspraakmaker te maak om die enkele beskikbare kwalifiserende posisie op te raap.
Suid-Afrika speel bloot vir die geselligheid saam omdat hy (asook die afwesige Kenia) reeds outomatiese kwaliseerders is, terwyl die res van die kandidate op papier almal minder ontwikkelde rugbylande is.
Madagaskar en die DR Kongo se spanne het nie opgedaag nie, wat die deelnemende spanne van twaalf tot tien verminder het. Die tien is dus in twee groepe van vyf elk verdeel.
Volgens die gewysigde program sal die Namibiërs onder kapteinskap van Bernhardt Wessels vanoggend hul aanslag met 'n groepwedstryd teen Benin open, voordat hulle later ook teen Algerië en Marokko te staan kom. Môreoggend is hul laaste groepwedstryd teen Senegal, voor die uitklopfase.
HOKKIE
Die verkorte formaat van vyf-aan-'n-kant sorg vir 'n unieke uitdaging en kompetisie op die hokkiebaan lyk veel meer onvoorspelbaar.
Die Namibiese seuns- en meisiespanne word onderskeidelik deur Trevor Cormack en sy vrou Shayne Cormack afgerig en is bewus dat 'n baie kompeterende stryd voorlê om onder die toptwee Olimpiese kwalifiseerders te eindig.
'n Nederlandse deskundige op die gebied van vyf-aan-'n-kant hokkie, Maartin Bosman, het onlangs tyd in Windhoek bestee om die twee nasionale spanne, asook 'n paar skoolspanne in die hoofstad, se vaardighede te help slyp. Wedstryde word in twee helftes van tien minute elk beslis.
Aan die meisieskant is Suid-Afrika, Zimbabwe, Ghana, Nigerië en Algerië die uitdagers vir Namibië. Die uitslae van 'n rondomtalie sal die vier semifinaliste bepaal.
Die seuns se formaat is twee groepe, voor 'n kwarteindronde. Groep A is Suid-Afrika, Namibië, Algerië en Zimbabwe. In groep B speel Uganda, Zambië, Kenia en Nigerië.
Die Namibiese seunspan is Cody van der Merwe (kaptein), Richter van Rooyen (doelwagter), David Britz, Jan-Izak de Villiers, Fagan Hansen, Owen Hatton, Craig McNally, Nico Neethling en Henco Rieckert.
Die meisiespan is Kiana Cormack (kaptein), Sonnet Crous, Jahntwa Kruger, Danja Meyer, Tara Myburgh, Kaela Schimming, Carien Rooyen, Joane van Rooyen, Celé Wessels.
FIETSRY
Afrigter Hans du Toit het gister laat weet dat Alex Miller, die heersende Afrika junior bergfietskampioen, weer voluit op die been is nadat hy verlede week siek geword het en dus in die bed moes bly terwyl die Nedbank nasionale veldresieskampioenskap Sondag aan die gang was.
Miller, Charl du Plooy, Schalk van der Merwe en Dieter Koen is die viertal ryers wat Namibië by die Spele verteenwoordig.
Afgesien van Du Plooy, wat in Suid-Afrika skoolgaan en wat 'n spesialis op die padfiets is, sal die ander drie op beide die padfiets en die bergfiets in aksie wees
Volgens Du Toit sal die padfietsryers vandag die geleentheid kry om aan die roete van 40 kilometer bekend gestel te word wat môre in die spantydtoets op hulle wag.
Die individuele tydtoets (23 km) en die padresies (120 km) is die twee latere items van die padfietsry, voordat die bergfietryers se veldresies volgende Dinsdag aanbreek.
Kwalifisering vir Buenos Aires is egter nie vir die fietsryspan 'n geelwortel nie. Plekke vir die Olimpiese Jeugspele word net op grond van vertonings in die twee kodes se wêreldreeksbyeenkomste, asook uitnodigings aan die toonaangewende lande toegeken.
• Die program van baan- en veldatletiek duur van 24 tot 27 Julie. Boogskiet, karate en triathlon is ook kodes waarin Namibië verteenwoordigers gestuur het.
• Lees ook: Boogskutters gereed vir Algiers – bl. 23.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie