'Afslag' nie altyd 'n towerwoord, sê kosgroep
Hanlie Stadler
In die huidige swak ekonomie koop verbruikers nie altyd soveel meer van 'n produk wanneer afslag daarop aangebied word nie.
'n Mens kan dus oorboord gaan met promosies, wat gewoonlik beskou word as die maklikste manier om die volume verkope te probeer verhoog, sê Bruce Henderson, uitvoerende hoof van die Rhodes Food Group.
Hy gee toe dis wat die kosgroep in 2018 gedoen het.
Te veel promosies sónder 'n stewige styging in die volume verkope wat daarmee gepaard gaan, beteken bloot 'n laer inkomste uit die goedkoper produkte.
Vir die boekjaar tot einde September het Rhodes 'n bietjie briek aangedraai met promosies, sê Henderson, en dit het die groep se syfers heelwat blinker gevryf, veral in die tweede helfte van sy boekjaar.
Vir die voljaar het die groep se omset met 8,5% tot R5,4 miljard gestyg en sy bedryfswins met 24,9% tot R392,2 miljoen.
Die syfers is ook aangehelp deur 'n swakker rand – 7,7% swakker as in die vorige boekjaar – wat gelei het tot die eerste tekens van 'n ommekeer in Rhodes se internasionale sake, wat 20% van sy inkomste verteenwoordig. Dié afdeling se omset het met 8,8% gestyg.
Rhodes vervaardig onder meer konfyt en blikkiesgroente onder die gelyknamige handelsnaam, en besit ook onder meer Bull Brand, Bisto, Hinds en Pakco. Daarby verpak hy eienaamprodukte vir die meeste kleinhandelaars.
Onder die nuwe produkte waarmee Rhodes vanjaar spog, is klaar voorbereide Bisto-souse, laktose-vrye jogurt en klaarbereide maaltye met plantproteïene eerder as vleis. Die groep het sy sentrum vir die ontwikkeling van nuwe produkte in Groot Drakenstein in die afgelope jaar voltooi.
Die resultate is uitgereik net 'n dag ná dié van die veel groter Pioneer Foods. Dié maatskappy se inkomste vir sy boekjaar, ook tot einde September, het met 11% tot R22,3 miljard gestyg, maar sy bedryfswins het met 13% tot R1,4 miljard gedaal en sy wesensverdienste per aandeel met 6% tot R5,11.
In syfers:
•Rhodes Food Group se syfers
vir die boekjaar tot einde
September lyk as volg:
•Omset styg met 8,5% tot
R5,4 miljard;
•Bedryfswins styg met 24,9%
tot R392,2 miljoen;
•Bedryfswinsgrens styg van
6,3% tot 7,2%;
•Nabelaste wins styg met 39,6%
tot R215,5 miljoen;
•Wesensverdienste styg met
38,1% tot R219,8 miljoen;
•Verwaterde wesensverdienste
per aandeel styg met 37,8% tot
83,8c; en
•Dividend styg met 37,4% tot
83,8c.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie