Afsonderlike selle vir minderjariges
Afsonderlike selle vir minderjariges

Afsonderlike selle vir minderjariges

'n Hofbevel vereis dat minderjarige en volwassenes in aanhoudingselle geskei moet word.
Andrew Poolman
Kristien Kruger



'n Hofbevel is Oktober verlede jaar aan belangegroepe uitgestuur wat beveel dat ­minderjariges en volwasse gevangenes onmiddellik geskei moet word en dat die ministerie in die ­presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maat­skaplike welsyn ­geregtelike toesig moet hou om seker te maak hul aanhouding voldoen aan die kinder­versorgings- en beskermingswet (CCPA).

Die hofbevel is uitgereik nadat die ombudsman die aanhouding van 'n 13-jarige seun in Oktober 2020 by die Rehoboth-polisiekantoor ondersoek het. Die ombudsman het toe uitgewys dat daar in die land geen aanhoudingsgeriewe vir minderjariges is nie en dat hulle geriewe met volwasse oortreders moet deel.

“Die tekort aan afsonderlike selle veroorsaak dat kinders onder die ­ouderdom van 18 jaar – wie se borgtog teengestaan is en wat vir voorverhoor, verhoor of vonnis­oplegging wag – vir lang tydperke saam met volwasse beskuldigdes in polisieselle aangehou word.

“Hierdie stand van sake is nie in die kind se beste belang nie,” het die ­ombudsman gesê.

Volgens hom is sulke gebeure in stryd met hoofstuk 5 van die CCPA wat vereis dat kinders wat wag op verhoor of vonnisoplegging in veilige plekke of ­kinderaanhoudingselle aangehou word.

Dit sluit nie die bestaande polisieaanhoudingselle in waar volwassenes aangehou word nie.

“Die ministerie is verantwoordelik vir die goedkeuring, vestiging en bestuur van kinderaanhoudingselle en plekke waar hul veilig kan wees.”



HOFBEVEL

Die ombudsman het Dr. Weder, Kauta & Hoveka Inc. genader en 'n dringende aansoek is ingedien.

Die aansoek het twee eise gestel.

Eerstens, dat die minderjarige gevangenes vrygelaat word en tweedens, dat die ministerie verplig word om kinderaanhoudingselle te vestig, identifiseer, goed te keur en te bestuur.

Die hoërhof se beslissing was dat waar dit moontlik is, kinders geskei moet word van volwasse ­gevangenes hangende die navrae ­ingevolge artikel 69 van die korrektiewe dienste en artikel 69 van die CCPA.

Verder is die ministerie verplig om, sonder enige vertragings, die ombudsman en die hoërhof te voorsien met planne vir die implementering om seker te maak dat hoofstuk 5 van die CCPA nagekom word.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!