After School-klub se stoeiers oorheers

Sewe klubs se stoeiers het Saterdag aan die nasionale kampioenskap deelgeneem.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Asino Festus is as Namibië se stoeier van die jaar aangewys by die jaareindgeselligheid wat Saterdag gehou is.

Festus, van die After School-klub in Grysblok, het vroeg vanjaar die land se enigste goue medalje by die Afrika-kampioenskap verower.

Die 17-jarige Festus, wat in die gewigsklas tot 55 kilogram stoei, het ook die trofee as die land se beste stoeier in die Grieks-Romeinse styl (net grepe aan die bolyf) verower, terwyl sy 19-jarige klubmaat Keven Vleermuis (60 kg, juniors) die algehele vrystyl-trofee ingepalm het.

Die After School Centre is as klub van die jaar bekroon, terwyl sy afrigter Luis Forcelledo (ook die afrigter van die nasionale span) die trofee as afrigter van die jaar ontvang het.

After School Centre het ook die vrouestoeier van die jaar opgelewer, naamlik die 15-jarige Ester Abraham (gewigsklas 48 kg).

Die Windhoek-stoeiklub het met twee gesogte trofeë weggestap. Sy afrigter Charl van der Merwe is as administrateur van die jaar bekroon, terwyl JW Visagie die trofee ontvang het as die beste nuweling wat vanjaar begin stoei het. Visagie, ’n 15-jarige skolier van Windhoek Gimnasium, het in sy gewigsklas (48 kg) elke toernooi gewen waaraan hy vanjaar deelgeneem het.

Die Namibiese nasionale kampioenskap is Saterdag by die Windhoekse Skouterrein afgehandel. Dit was ’n groot sukses met deelname van twee klubs die hoofstad (Windhoek-stoeiklub en After School Centre) asook Otjiwarongo, Oshakati, Keetmanshoop, Swakopmund en Judah-stoeiklub van Okahandja.

Bykans 150 stoeiers het ingeskryf vir die nasionale kampioenskap, wat reeds beduidende punte getel het vir individue wat aspireer om volgende jaar vir Namibiese spanne oorweeg te word.

Die Afrika-kampioenskap (4 tot 9 Februarie in Algerië) is die volgende groot geleentheid wat voorlê. Namibië sal na verwagting twaalf stoeiers daarheen stuur om hom in die senior, junior en kadetafdeings te verteenwoordig.

Die wenners van goue en silwermedaljes in vrystyl en/of Grieks-Romeinse styl by die nasionale kampioenskap was:

O.7, 20 kg: Ikolelela Ekandjo (Oshakati), Francois Le Roux (Windhoek).

O.7, 24 kg: P. James van Zyl (Windhoek), Loriano Goliath (Judah).

O.7, 27 kg: AJ Smith (Judah), Willem van der Merwe (Windhoek).

O.7, 34 kg: Albert Redelinghuys (Judah), Henco Fourie (Windhoek).

O.9, 20 kg: Blessing Ekandjo (Oshakati), Lequain Bock (Oshakati).

O.9, 24 kg: Dewitt Bergh (Windhoek), Pieter Coetzer (Windhoek).

O.9, 27 kg: Ruben H. Fourie (Windhoek), Willem van Schalkwyk (Judah).

O.9, 30 kg: Ruben Kotze (Windhoek), Aiden Handuge (Swakopmund).

O.9, 34 kg: Evan Basson (Windhoek), Luan Brand (Windhoek).

O.9, 38 kg: Markus van Heerden (Judah), Jandre Gelderblom (Windhoek).

O.11, 24 kg: Mbunga Jaepa (After School), Earl Bock (Oshakati).

O.11, 30 kg: Stephan van Schalkwyk (Judah), Oscar Hashipala (Oshakati).

O.11, 34 kg: Lubin Conradie (Judah), Henrico Durand (Windhoek), Damaru Africaner (After School), Mbatoororua Hewicki (Otjiwarongo).

O.13, 38 kg: Johannes Ndokosho (Swakopmund), Calvin Gowaseb (Swakopmund).

O.13, 46 kg: Rodney Gaoseb (Swakopmund), Kennedy Mujanu (Swakopmund), Lazares Haimbodi (After School).

O.13, 55 kg: Romeo Hangula (Swakopmund), Pieter Lafras Uys (Windhoek).

O.13, 67 kg: Bühlem Oelofsen (Judah), Nico Louw (Judah).

O.15, 34 kg: Nicky Salom (After School), Abraham Paulus (After School), Epinge Seveline (After School).

O.15, 38 kg: Nangame Natangwe (Swakopmund), Delano Dobate (After School).

O.15, 42 kg: Armando Goroseb (After School), Simon Haimbodi (After School).

O.15, 46 kg: Virii Nguatjiti (After School), Vinor Shapwa (Swakopmund).

O.15, 50 kg: JW Visagie (Windhoek), André Seibeb (Swakopmund).

O.15, 55 kg: Alex Haininga (After School), Andreas Thomas (After School).

O.15, 67 kg: Kahuure Himeezembi (Swakopmund), David Sakeus (Keetmanshoop).

O.15, 74 kg: Jorick Muir (Windhoek), George Adamson (Windhoek).

Kadette, 44 kg: Vinor Shapwa (Swakopmund), Dison Thaniseb (Swakopmund), Virii Nguatjiti (After School).

Kadette, 48 kg: JW Visagie (Windhoek), Venepiko Kaeka (Swakopmund).

Kadette, 55 kg: Asino Festus (After School), Jackson Bundi (Otjiwarongo).

Kadette, 60 kg: Valentino Hipopi (After School), Salom Panduleni (After School).

Kadette, 67 kg: Angula David (Otjiwarongo), Alvaro Eixab (After School).

Kadette, 74 kg: Jorick Muir (Windhoek), Francois Mouton (Windhoek), Collin Seibeb (Swakopmund).

Junior, 55 kg: Veiko Nghishoongo (Otjiwarongo), André Rufino (Otjiwarongo).

Junior, 60 kg: Keven Vleermuis (After School), Romeo Goliath (After School).

Junior, 74 kg: Francois Mouton (Windhoek), Devin Benhard (After School).

Junior, 92 kg: Lizo Releni (After School), Jano du Plessis (Windhoek).

Senior, 70 kg: Gerrit Steen (Windhoek).

Senior, 86 kg: Victor Kaziriwa (Otjiwarongo).

Senior, 97 kg: Angula Shikongo (After School).

• Altesame 23 meisies het Saterdag in twee ouderdomsgroepe (onder en bo 15 jaar) meegeding, maar in sommige gewigsklasse was daar ’n gebrek aan teenstand vir die enkele inskrywings.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!