Afwagting groot vir Dr. Hage Geingob-beker
Tielman van Lill - Net ’n paar weke bly oor voor die aanbreek van die opwindende Dr. Hage Geingob-beker wat op 6 en 7 Augustus by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek aangebied word.
Die toernooi word vanjaar maar vir die derde keer gehou, maar het sedert sy ontstaan in 2014 sy kinderskoene ontgroei. Vanjaar is dit Tigers (die MTC Namibiese Premierliga-kampioen) wat teen nog ’n plaaslike klub gaan kragte meet, terwyl Mamelodi Sundowns, die huidige houers van die Geingob-beker, teen Orlando Pirates van Soweto sal opdraf.
Nadat Sundowns verlede jaar deur Kaizer Chiefs as kampioen van die Suid-Afrikaanse Premier Sokkerliga (PSL) onttroon was, het dié klub van Pretoria vanjaar weer soos in 2014 die gesogte PSL-kroon opgeraap.
Sundowns sal met ’n sterbelaaide span na Windhoek reis om plaaslike sokkerentoesiaste met van die beste moontlike spel in Afrika te bederf. Pitso Mosimane, breier van Sundowns, was by die 2016 PSL-toekennings as afrigter van die jaar aangewys, terwyl die 25-jarige middelveldspeler van Zimbabwe, Khama Billiat, as speler van die seisoen bekroon is en ook as die spelers se speler van die seisoen vereer is.
By dieselfde PSL-toekenningsaand is die Ugandees, Dennis Onyango, as doelwagter van die seisoen en die 31-jarige verdediger van Bloemfontein, Thabo Nthethe as verdediger van die seisoen vereer. Die 1.83 m lange Nthethe sal ’n krag wees om mee rekening te hou, want hy het ook in die Telkom Knockout-toernooi met dieselfde titel weggestap.
Pirates self spog met ’n hele paar nuwe name wat intussen op sy salarisrol bygevoeg is. Die verdediger Abbubaker Mobara (22) en die aanvaller Riyaad Norodien (21) van Ajax Cape Town is twee jongelinge wat nuwe bloed na die klub bring.
Die bekroonde Brian Isaacs se Tigers speel op Saterdag 6 Augustus in die voorwedstryd teen die ondersteuners se gunstelingspan wat nog deur middel van ’n SMS-peiling bepaal moet word. Stemme kan reeds sedert 18 Mei na 5003 aangestuur word en kos N$3 per SMS. Nog net tien dae is oor voor die lyne op 23 Julie gesluit word. Sokkerliefhebbers moet dus werk maak om te verseker te maak dat hul gunsteling Namibiese klub hierdie geleentheid nie misloop nie.
Tot dusver is 4 049 stemme ontvang en die klubs met die meeste stemme het onderskeidelik 1441, 897 en 444. Die twee Namibiese spanne sal beide N$400 000 vir hul deelname aan die Geingob-beker ontvang.
Kaartjies vir die toernooi kos N$20 per persoon en is landwyd by Computicket in alle Shoprite en Checkers winkels beskikbaar. Een kaartjie is geldig vir beide botsings op 6 Augustus, terwyl nog ’n kaartjie sal sorg dat jy nie die opwinding op 7 Augustus misloop nie. Die aangename verrassing is dat ’n kaartjie van N$30 jou toegang tot al vier die superwedstryde sal gee.
Die Dr. Hage Geingob-beker word trots deur Namibië Brouerye en MTC geborg, terwyl die Namibiese Lughawensmaatskappy (NAC), Air Namibia, MMI, Profile Investments en Agribank ook die toernooi ondersteun.
Die wenner tussen Sundowns en Pirates sal die Sondag teen die wenner van Tigers en die ander klub in die finaal speel. Die twee verloorders sal in die voorwedstryd eer kan herwin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie