AG konfiskeer verlede jaar N$600 miljoen
Vermeende onwettige geld is tydens die ontleding van transaksies ter waarde van N$13,8 miljard opgespoor, het owerhede gesê.
Ogone Tlhage
Die kantoor van die aanklaer-generaal (AG) het verlede jaar tydelike beperkingsbevele ter waarde van N$600 miljoen bekom, wat vermoedelik die opbrengs van korrupsie, bedrog en geldwassery was, het die president van die Bank of Namibia (BoN) aangekondig.
Noemenswaardige optrede deur die Finansiële Intelligensiesentrum (FIC) sluit in die uitreiking van 16 inperkingsbevele van 20 rekeninge ter waarde van N$5 miljoen, skuldigbevindings van een Namibiër en 11 buitelanders van bedrog en geldwassery, wat gehelp het om N$24 miljoen in die staatskas te waarborg, en die beveiliging van N$17 miljoen in kontant en agt voertuie, het mnr. Johannes !Gawaxab, die president van die BoN, gesê.
Die voorkoms van georganiseerde finansiële misdaad het nou die openbare finansiële owerhede genoop om bykomende maatreëls te tref om dit te voorkom en te bekamp.
Een so 'n maatreël is die bekendstelling van onverklaarde welvaartsbevele, wat vereis dat individue wat só 'n bevel ontvang, voor 'n hof gebring word en bewys moet lewer dat hul rykdom op 'n wettige wyse verkry is.
“Ons glo wetstoepassingsagentskappe se ondersoekvaardighede en hulpbronne sal versterk word danksy ons voorstel om onverklaarde welvaartbevele in Namibië in te stel.
“Ons kan met trots aankondig dat beraadslagings met alle belanghebbendes in dié verband produktief was. Nadat hierdie maatreël ingestel word, sal ons gesamentlike stryd teen finansiële misdade nuwe hoogtes aanneem,” het !Gawaxab Donderdag tydens die bekendstelling van die FIC se jaarverslag gesê.
MILJARDE BELê
Wetstoepassingsagentskappe het bygedra tot die stryd teen finansiële misdaad, het hy gesê.
“Gedurende die oorsigtydperk, is N$13,8 miljard se moontlike opbrengs van misdaad ontleed, in vergelyking met N$17 miljard in 2019-'20.
“Dis egter nie noodwendig bevestigde opbrengste van misdaad nie, aangesien dit deur verdere ondersoeke, navrae en hofprosesse deur wetstoepassers bewys of weerlê kan word,” het !Gawaxab gesê.
Die adjunkdirekteur van die FIC, me. Zenobia Barry, het gesê ondanks die impak van die Covid-pandemie op die sentrum se bedrywighede, is sy werk nie belemmer nie.
Volgens die BoN is 435 blootlegging van inligting (intelligence disclosures) gedurende die verslagdoeningstydperk uitgereik, wat 'n toename van 26% in vergelyking met die vorige jaar verteenwoordig. Verdagte transaksieverslae het onder meer met 36% toegeneem en verdagte bedrywigheidsverslae van finansiële instellings het met 15,8% afgeneem, terwyl 'n toename in sulke verslae van die publiek waargeneem is.
TEGNOLOGIEMISDAAD
Intussen was daar 'n “toename in die aantal skemas wat misbruik maak van tegnologiese platforms, veral dié wat baie van ons mense onkant betrap het tydens hierdie moeilike tye”.
“Misdadigers misbruik die Covid-19-krisis deur hul taktieke te verander of nuwe maniere te vind om kriminele bedrywighede uit te voer.”
Volgens !Gawaxab het die pandemie ook nuwe kompleksiteit gevoeg by die opsporing en bekamping van misdade soos omkopery en korrupsie. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie