Agra gaan voort met veilings
Agra gaan voort met veilings

Agra gaan voort met veilings

Ronelle Rademeyer
Die speenkalfveilingseisoen is in volle gang en Agra gaan voort met sy veilings soos altyd.
Dié veilingshuis sê in ’n verklaring hy wil graag die publiek en meer spesifiek sy lewendehawe- en veilingbelanghebbendes inlig dat hy ten spyte van die nuwe, streng Suid Afrikaanse invoervereistes wat op Vrydag 1 Julie in werking getree het, voortgaan met sy geskeduleerde lewendehaweveilings.
Die nuwe wetgewing vereis strenger maat­reëls vir inentings, toetse en kwarantynvereistes van groot- en kleinvee vir siektevoorkoming.
"Agra verwag dat hierdie nuwe maatreëls ’n hewige impak sal hê op die belanghebbendes wat betrokke is by die uitvoer van lewende hawe om dié produkte in die buurland Suid-Afrika te bemark. Die effek is dat dit verminderde koopkrag vir lewende hawe wat aangebied word, tot gevolg kan hê.
"Die nuwe uitvoerregulasies mag ’n ernstige uitdaging vir alle Agra-veilings oplewer weens die onsekerheid wat dit vir die uitvoermark skep. Agra sal egter voortgaan om lewendehaweveilings te hou ten einde ’n bemarkingskanaal daar te stel vir produsente om hulle diere te verkoop," lui die verklaring.
Agra sê dat hy vanweë die verwagte risiko's wat gepaard gaan met die onseker uitvoermark streng kredietbeheermaatreëls vir alle lewendehaweveilings sal implementeer. Hierdie maatreëls sal bepaal dat slegs kontantkopers of kopers met vooraf goedgekeurde kredietgeriewe binne hulle limiet lewende hawe by geskeduleerde veilings sal kan koop.
Agra sê dié maatreëls is ingestel om die belange van kopers en verkopers as sy veilingsvennote te beskerm. “Die maat­reëls is nie om deelnemers by hierdie veilings te ontmoedig nie, maar eerder om rolspelers te beskerm gedurende hierdie onseker tye terwyl daar voortgegaan word om uitstekende diens aan ons kliënte te lewer,” sê hy.
Die nuwe Suid-Afrikaanse regulasies vereis dat die totale kudde waaruit die uitvoervee afkomstig is, negatief moet toets vir tuberkulose (TB) en Brucella bovis.
Verder moet die vee geënt wees teen aansteeklike Bovine rhinotracheitis (IBR) en aansteeklike Pustular vulvovaginitis (IPV) nie meer as ses maande en nie minder as een maand voor dit vertrek nie. Met die uitvoer moet elke dier getoets word teen TB en Brucella bovis en in isolasie gehou word en die diere moet nie langer as een jaar voor dit uitgevoer word inentings teen miltsiekte ontvang het nie.
Daarbenewens moet die diere ook 72 uur voordat dit gelaai word om na Suid-Afrika te gaan, ontwurm word en bosluisbehandeling ontvang.
Dié vereistes is so omvangryk dat dit nie vir veeboere en -spekulante prakties moontlik sal wees om meer hul diere na voerkrale en abattoirs in Suid-Afrika uit te voer nie, het ’n veaartsenykundige bron vroeër aanRepublikein gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!