Agra Otavi brei uit
Yochanaan Coetzee - Otavi se ligging in die “mieliedriehoek” is tot ’n groot mate een van die dorp grootse bates. Die sterk landbou, boerdery- en gasvryheidsmarke in die omgewing doen baie om die dorp en die inwoners wat nie aan die myne of nywerhede in die area verbonde is nie, te bevorder.
Dit is om dié rede dat Agra Otavi so ’n belangrike rol in die plaaslike ekonomie speel en vir jare al ’n getroue verskaffer van dringende benodighede vir die boere en huiseienaars in die omgewing is.
Die druk om alles aan te hou het egter oor die jare sy tol op die kleinerige gebou geëis. Kort voor lank was dit volgeprop met toerusting, gereedskap en ander materiale.
“Dit was bietjie van ’n uitdaging,” sê Agra Otavi se takbestuurder, mnr. Cas van Niekerk. “Al die voorraad wat jy nou voor jou sien, moes in ’n gebou wat drie keer kleiner was inpas,” sê hy soos hy ons lei deur die nuwe, groter gebou, wat steeds tot dakhoogte gepak is.
“Dit was noodsaaklik dat ons uitbrei, sodat ons ’n beter diens aan kliënte kan lewer, veral nou wat almal gereed maak om te plant,” sê hy.
Toe Noorderlig hom vra hoe die huidige klimaat en finansiële verkrimping wat Suidelike-Afrika tans ervaar, die boere en hul besighede beïnvloed, het hy gesê die boere se deursettingsvermoë en passie vir hul land en landbou stel hulle in staat om die beste te maak van die situasie.
“Jy weet, deur al die uitdagings, selfs met die kommandowurm-situasie, het die boere deurgedruk en rekordoeste aangeteken,” sê Van Niekerk. “Ons verstaan die meule is nog besig om verlede jaar se oes te verwerk. Dit wys net hoe belangrik hierdie streek vir die land is en hoe dit die potensiaal het om te groei, ten spyte van die uitdagings,” het hy bygevoeg.
“Ons wil ons deel doen om hierdie belangrike deel van ons land in staat te stel om te groei sodat ons werksgeleenthede kan skep, beter voedselsekuriteit vir ons land kan verseker en ook ons dorp in die proses kan bevorder,” sê hy.
Met reusevoorraad van alle landbou, akkerbou en veeboerdery- benodighede, droë kos, toerusting, voer en boumateriaal, is Agra Otavi ’n boer van enige kaliber se vriend en vennoot.
Besoek gerus hul opgeknapte verkoopsperseel vir spesiale aanbiedinge die komende Kerstyd.
“Daar is nog baie om te doen, veral om ons nuwe DIY-afdeling met meer as 4500 produkte gereed te hê, maar ons weet ons gaan dit maak terwyl ons nog soos normaal aangaan om besigheid te doen.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie