Agra presteer midde-in uitdagende tye
Agra presteer midde-in uitdagende tye

Agra presteer midde-in uitdagende tye

Agra het vanjaar verskeie nuwe takke landswyd oopgemaak, terwyl sy omset met sowat 16% gegroei het.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Ten spyte van ''n besonderse uit­dagende jaar, het Agra vanjaar uitstekende finansiële resultate behaal en ''n netto wins ná belasting van N$43 miljoen getoon.

Dit is ''n verbetering van 12,5% of N$4,8 miljoen op die 2014-''15-boekjaar.

Agra het sy jaarverslag vir die boekjaar wat in Julie 2016 geëindig het, onlangs in Windhoek bekend gemaak, maar ook gesê weens verskeie kapitaalprojekte het die direksie besluit om nie dividende te verklaar nie.

“As ''n mens die kapitale beleggings van meer as N$260 miljoen oor die afgelope drie jaar in ag neem, asook N$20 miljoen se bykomende finansiële koste wat in hierdie boekjaar terugbetaal is, is hierdie winste ''n merkwaardige prestasie,” het die direksie se voorsitter, mnr. Ryno van der Merwe gesê.

Hy het ook gesê die Agra-groep het ''n netto wins, voor belasting, van N$56,581 miljoen getoon.

Volgens Agra se uitvoerende hoof, mnr. Arnold Klein, is ''n positiewe groei vanjaar behaal en is die maat­skappy se omset met 16% van N$1,273 miljoen in die 2014-''15-boekjaar tot N$1,476 miljoen in 2015-''16 verhoog, terwyl die groep se omset van N$1,368 miljoen in die 2014-''15-boekjaar tot N$1,578 miljoen verhoog het.

“Laasgenoemde is ''n verbetering van 15%,” het Klein gesê. “Die groep se bedryfskoste het met 5,5% van N$253,3 miljoen in die 2014-''15-boekjaar tot N$267,2 miljoen in die 2015-''16-boekjaar verhoog, wat verband hou met die inflasiesyfer, maar baie minder is as die bedryfsgroei wat behaal is.

“Dit het gehelp dat ons die winsopslag op veevoer en lekke kon verminder om boere tydens die droogte te ondersteun. Dit het op die beurt daartoe gelei dat die groep se bruto wins van 21,8% tot 20,9% verlaag het.

“Finansiële koste vir die groep het van N$21,1 miljoen tot N$32 miljoen vanjaar verhoog, hoofsaaklik as gevolg van rente op lenings vir kapitale projekte. Dit het daartoe gelei dat die groep ''n fenomenale verhoging­ in wins (voor rente en belasting) van 32% behaal het. Die bedrag het van N$67,1 miljoen verlede jaar tot N$88,6 miljoen vir die af­gelope ­boekjaar verhoog.

“Die meeste van die verdienste is egter deur verhoogde finansiële koste opgeslurp, wat dit op ''n netto wins (ná belasting) van 12,5% te staan gebring het. Die netto wins ná belasting was dus N$43 miljoen, vergeleke met N$38,2 miljoen tydens die vorige boekjaar. Dit is ''n verbetering van N$4,8 miljoen,” het Klein gesê.

Hy het gesê Agra het vanjaar sy 35ste bestaansjaar gevier saam met 20 handelaars landwyd, 4 300 aandeelhouers en meer as 800 werknemers.

“Agra het vanjaar ook sy spoggerige Agra Hyper-handelaar in die Lafrenz-buurt in die hoofstad geopen, ''n belegging van sowat N$117 miljoen deur Agra Eiendomme. Die eerste Agra DIY-depot is in Februarie vanjaar op Okahandja geopen, gevolg deur die handelaar op Rundu wat in Julie besigheid begin doen het.

“Die voltooiing van die nuwe Karibib-­tak sal na verwagting vroeg in 2017 gedoen word, terwyl die konstruksie van die nuwe Maltahöhe-tak na verwagting ook vroeg in volgende jaar sal begin.

“Die speenkalfveilings is suksesvol in die eerste kwartaal van die boekjaar afgehandel met 14 900 kalwers wat op 17 verskillende veilings verkoop is. Die lewendehawe-afdeling is aangepas om in die toekoms eiendomme en wildsveilings in te sluit en is as Agra Auctions herdoop,” het Klein gesê.

Van der Merwe en Klein het beide gesê die begroting vir die 2016-''17-boekjaar is uitdagend en is ''n bewys van die bestuur se verbintenis tot voortdurende groei en winsgewendheid.

“Agra het dienooreenkomstig ook ''n strategie geïmplementeer om besigheid buite die landbou uit te brei sodat dit die sikliese natuur daarvan met ''n bestendige vloei van inkomste kan teëwerk, wat minder afhank­lik van die land se weerpatrone is,” het Van der Merwe gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!