Agra se nasionale speenkalfkampioenskappe begin
Agra se nasionale speenkalfkampioenskappe begin

Agra se nasionale speenkalfkampioenskappe begin

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Vanjaar sal altesaam 17 speenkalfveilings onder die vaandel van Agra se nasionale speenkalfkampioenskappe vir 2019 aan­gebied word.

Die eerste hiervan skop reeds op 9 Julie op Outjo af en die kompetisie sal op 17 September op Graal afsluit.

Die kompetisie is verlede Donderdag by die Agra/Bank Windhoek Ring in die hoofstad bekend gestel.

Tydens die openingsgeleentheid het mnr. Herman Lintvelt, sentrale streekbestuurder van Agra-veilings, 'n kort agtergrond oor die kampioen­skappe gegee en gesê dit gaan van krag tot krag, ondanks talle uitdagings wat produsente tans in die gesig staar.

“In 2018 was daar 261 lotte landswyd – bykans 50 meer as die vorige jaar, wat 'n goeie aanduiding is dat die kompetisie steeds jaarliks groei,” het Lintvelt gesê.

Die doel hiervan is om ­produsente vir goeie gehalte speenkalwers te erken en te beloon.



BEOORDELING

Beoordeling word op grond van vrugbaarheid, groeivermoë, eenvormigheid, die vermoë om vleis te lewer en goeie boerderypraktyke gedoen, soos of beeste gebrandmerk of ­onthoring word.

Agra-wenners sal in kategorieë vir voerkraalpotensiaal, veldpotensiaal en verse met goeie teelpotensiaal aangewys word.

Die Nasionale ­Speenkalfkampioen vir 2018 was me. Lorraine van Heer­den.

Dit was die eerste keer dat sy die veldpotensiaal-kategorie gewen het.

Mnr. Dawid Krause en sy Feed­master-kollegas sal alle beoordeling behartig.

Mnr. Arnold Klein, Agra se uitvoe­rende hoof, het sy dank uitgespreek teenoor die borge, wat altesaam N$400 000 vir die kompetisie ­bewillig het.

Vanjaar se hoofborge is Bank Windhoek, Sanlam, Santam en Feedmaster en die medeborge is Paratus Africa, Indongo Toyota and Hino Indongo, Bayer, MSD en Agribank.

Die breër ­landbougemeenskap vanuit beide kommunale en kommer­siële geledere sal aan die ­kompe­tisie kan deelneem, terwyl mededingende kopers uit Namibië en sy buurlande die veilings na verwagting sal bywoon.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!