Agra skop speenkalfseisoen op 8 Julie af
Agra Lewendehawe het die 2015 speenkalfveilings en -kampioenskappe onlangs aangekondig, met die eerste veiling wat op 8 Julie plaasvind.
Met die uitsondering van verlede jaar toe dit weens streng uitvoervereistes na Suid-Afrika gekanselleer is, word dié geleentheid sedert 2011 gereeld aangebied.
“Ons is optimisties dat die marktoestande, veral ten opsigte van uitvoere na Suid-Afrika, gunstig sal bly en dat die bedreiging van bek-en-klouseer afgeweer sal word weens die goeie samewerking tussen die regering, boere, landbou organisasies en besighede soos Agra,” het Herman Lintvelt, lewende hawe bestuurder vir die sentrale streek, tydens die bekendstelling gesê.
Agra bied altesame 16 speenkalfveilings landwyd aan, van Grootfontein in die Noorde tot Karasburg in die Suide. Die eerste veiling op 8 Julie vind op Summerdown plaas.
Om aan die speenkalfkompetisies deel te neem, moet produsente lotte van 15 speenkalwers elk saamstel, met ’n ideale gewig van tussen 200 kg en 260 kg. Die kategorieë waarin die diere meeding, is voerkraalpotensiaal, veldpotensiaal en verse met telingspotensiaal. In dié kategorieë kyk beoordelaars na fertiliteit, groeivermoë en die kapasiteit om vleis te produseer, asook boerderypraktyke (onthoorning, brandmerke).
Dawid Krause en Lourens Swart, albei van Voermeester, is vir die beoordeling by alle veilings verantwoordelik.
Lintveld het gesê Agra het in 2013 altesame 17 speenkalfveilings binne ’n bestek van twee maande gehou, waar 14 900 bees van 840 handelaars verkoop is. Die gemiddelde gewig van die diere wat toe verkoop is, was 229 kg en die gemiddelde prys was N$3 700 per dier.
In 2011 en 2012 was die nasionale kampioen Willie Louw van Grootfontein, en in 2013 was dit Frans en Ellie Lottering van Gobabis.
Die veilingwenners sal gereeld aangekondig word, met die streek- en nasionale kampioene wat tydens die gala-geleentheid ná die veilings bekendgemaak sal word.
“Die speenkalfseisoen is ’n baie spesiale tyd vir Agra omdat produsente hul produkte kan vertoon en hul ‘oes’ bemark. Die veilings is ook sosiale geleenthede en die pawiljoene is gewoonlik stampvol,” het Lintvelt gesê.
Hy het borge en alle belangstellendes genooi om die veilings te gebruik om produsente te ontmoet, met mekaar te netwerk, hul produkte en dienste te bemark en om die geleentheid saam met Agra te geniet.
Die hoofborge is Voermeester, First National Bank, Sanlam, Santam en Nictus. Marsh Africa, Henco Engineering, Indongo Toyota, MSD, Virbac, AMH Motors en Bayer is medeborge. Vanjaar se totale borgskappe beloop bykans N$500 000 wat vir die verskillende kategorie-wenners gebruik sal word en ook om die nasionale kampioenskap gala-geleentheid aan te bied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie