Agri College gaan van krag tot krag
Talent vir landbou word gekweek
Grootfontein Agri College het vir die eerste keer, van 18 tot 22 Augustus, ’n weeklange somerskool vir die graad 10- en 12-leerlinge gehou.
Die hoogs ervare en goed opgeleide span onderwysers van Educational Consultancy Services, onder leiding van me. Marietjie Katthange, het gefokus op in diepte afronding met die oog op die eksterne eksamens wat voorlê.
Agri College beskou die somerskool ook as ’n geleentheid om in die skool se onderwysers te belê aangesien die betrokke onderwysers al die sessies saam met hul leerlinge bygewoon het.
Met die opening van die geleentheid het die direkteur van onderwys in die Otjozondjupastreek, me. Fauspina Caley, gesê leerlinge moet nie net vir hulself presteer nie, maar ook van waarde vir Namibië wees deur kennis in die land terug te ploeg.
Borge wat die somerskool 'n werklikheid help maak het, was mnr. Renard Hattingh, Sanlam Sentraal Noord, Cedar Marketing, Omatako Broker Services, Stephen’s Photo Lab, Otjiwanda Meat Market en SF Motors Puma.
Op die landboufront gaan Grootfontein Agri College ook van krag tot krag. Die skool en Grootfontein se gemeenskap werk nou saam met die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA) met die ontwikkeling en aanpassings van landbou-leerplanne.
Die NTA werk reeds vir byna twee jaar aan ’n aanvaarbare landbou-leerplan spesifiek vir Namibië. Die leerplan is tans by die Namibiese Kwalifikasie-owerheid (NQA) om goedgekeur te word.
Die NQA en NTA sal voortdurend standaarde monitor. Die eksaminering en sertifikate word ook deur hierdie instansies hanteer en uitgereik om standaarde te verseker. Die leerplan maak voorsiening vir drie fokus-areas, naamlik produksie van lewendehawe, gewasproduksie en landbou-meganismes.
Agri College beplan om reeds in Januarie 2015 hierdie landbou-leerplan met die graad 11-groep te implementeer.
Vir meer inligting kan die skool by [email protected] of by 067 242 458 gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie