Agribusdev staan bakhand by regering
Agribusdev staan bakhand by regering

Agribusdev staan bakhand by regering

Die onderneming in staatsbesit kan nie salarisse betaal tensy dit geldelike hulp van die regering ontvang nie.
Kenya Kambowe
Kenya Kambowe op Rundu – Agribusdev-werknemers het nog steeds nie hul salarisse vir Januarie ontvang nie en alle hoop is nou op hul lynministerie gevestig om dié entiteit in staatsbesit geldelik uit te help.

Verlede maand is Agribusdev-werknemers ingelig dat hulle tot verdere kennisgewing nie salarisse sal ontvang nie.

Verlede week het ontevrede werknemers van die Sikondo-besproeiingsplaas in die Kavango-Wesstreek hul teleurstelling uitgespreek toe hulle uitvind die maat­skappy is platsak en kan nie sala­risse betaal totdat geld ­beskikbaar is nie.

Die werknemers sê hulle is desperaat vir Januarie se salarisse en sommige kon nie hul kinders by skole inskryf nie, omdat hulle nie die nodige items kon aankoop soos deur skole vereis nie. Hulle het bygevoeg hul ­bankrekeninge is oortrokke en gewone bankaftrekkings is nou agterstallig.



'LY HONGER'

“Daar word van ons verwag om kos vir die nasie te produseer en dit is hoekom ons by die werk is. Hoe kan ons dié verpligting nakom as ons self hongersnood ervaar? Ons produseer kos, maar ly honger by ons eie huise – hoe is dit regverdig?” vra mnr. Semete Andreas, een van die werknemers.

Toe sy om kommentaar genader is, het Agribusdev se waarnemende besturende direkteur, me. Berfine Antindi, gesê die maatskappy is platsak en benodig geldelike hulp van die ministerie van staatsondernemings af.

Antindi sê hul maande­likse salarisrekening is ietwat meer as N$5 miljoen.

Verlede jaar het die ministerie Agribusdev 'n kontantinspuiting van sowat N$53 miljoen gegee om salarisse en bedryfskoste tot Desember te kan dek.

“Almal word geraak – selfs dié by ons hoofkantoor. Niemand het hul salaris vir Januarie ontvang nie en ons is ook nie seker of ons binnekort enige salarisse gaan ontvang nie. Wat hulle vir jou vertel, is waar en nie 'n geheim nie,” het sy gesê.



MEER NODIG

Antindi erken baie moet gedoen word om Agribusdev selfonderhoudend te maak.

Verlede jaar het die Agribusdev-raad 'n ondersoek na sy eie sake van stapel gestuur en is die voormalige besturende direkteur, mnr. Petrus Uugwanga, geskors, tot sy ontydige afsterwe meer onlangs.

Antindi het bevestig die ondersoek is steeds aan die gang en bevindinge hieruit sal die pad vorentoe uitstippel.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!