Agro-ekologie die pad na voedselsekuriteit
Regerings moet ‘beleidsmandjie’ skep
Dr. Kobus Laubscher - Die baie bekende Millennium-ontwikkelingsdoelwitte wat streef om die wêreld teen 2030 ’n beter plek in terme van armoedeverligting en hongersnood-bekamping te maak, noodsaak deurlopende oordenking.
Voldoende kos word reeds geproduseer vir die massas mense op aarde op ’n per kapita-grondslag. Wat kommer wek, is die vermorsing van ’n derde van dié kos, die gelyktydige toename in chroniese honger, ondervoeding, vetsugtigheid en bewese groei gestremdheid by jonger kinders.
Die beste tegnologie skakel insette om in kos, maar hulpbronaanwending is onder druk in terme van waterskaarste, ontbossing (woude word vernietig om plek te maak vir aanplantings), agteruitgang van grondgehalte en les bes die vrystelling van skadelike kweekhuisgasse.
Voorwaar ’n uitdagende taak vir leiers op baie gebiede om ’n behoorlike balans te vind by wyse van ’n mandjie van beleide om so goed moontlik in pas te bly met die genoemde ontwikkelingsdoelwitte.
Agro-ekologie is die nuutste benadering tot dié dilemma met nuwe klem op mens-gefokusde, kennis-intensiewe pogings in die volhoubare aanwending van insette om noodsaaklike veranderings te lei.
Tegnies beteken dit ’n herwaardering van die betrokkenheid van meer kundigheid oor ’n wyer spektrum, insluitende plaaslike produsente – ongeag die vlak van vaardigheid en omvang van produksie. So byvoorbeeld beskik klein- of bestaansboere oor inheemse kennis van die verloop van sê die klimaat, produksietoestande ensovoorts wat dikwels oor die hoof gesien word.
Waarop agro-ekologie afstuur is die holistiese omvorming van voedsel-waardekettings op ’n holistiese en integrerende manier om die drie hoekstene van voedselsekuriteit te balanseer. Dié drie hoekstene ondersteun die sosiale, ekonomiese en omgewingsaspekte van voedselsekuriteit.
Alhoewel moderne boerdery in hierdie deel van die wêreld bepaald kan bewys dat agro-ekologie in baie gevalle toepassing vind, is daar waarskynlik ‘n gebrek aan insig by regerings wat die transformasie behoort te lei. Oormatige klem op opheffing van net opkomende boere as ontwikkelingsdoelwit, maar sonder daadwerklike steun in die vorm van doelgerigte finansiering en voorligting hou die hekkie waaroor gespring moet word om ontwikkelingsdoeltreffend te wees, te hoog.
Voortdurende afhanklikheid van die staat as die gewer skep ’n bakhand-benadering, terwyl daar eerder gepoog moet word om boere op alle vlakke volhoubaar te laat boer.
STAAT SE PLIG
Die staat het ’n plig om as deel van die mandjie van openbare goedere, doelgerigte hulp aan opkomende produsente te gee. Dit moet op so ‘n manier geskied dat die ontvangers uiteindelik gespeen kan word van hulp. Ongelukkig is daar te veel bewyse waar regerings ernstig faal ten opsigte van hierdie verantwoordelikheid. Die antwoord vir hierdie uitdagings is egter nie enkelvoudig nie, maar eerder in hoe die verskillende deelnemers gesamentlik ingespan kan word om ontwikkeling vaartbelyn te maak.
Volhoubaarheid is nie noodwendig ’n funksie van grootte nie; dit is relatief. Volhoubare primêre produksie beteken ’n plaas en boerdery groei, maar “plaas” moet nie noodwendig gesien word as grond waar duisende hektare benodig word nie. Daar is bewyse waar ’n deeltydse boer sy inkomste uit ’n ander bron volhoubaar kan aanvul deur te boer. Beleidsmandjies moet daarvoor voorsiening maak.
Die jongste verslag oor wat met transformasie binne georganiseerde landbou in Suid-Afrika bereik is, spreek boekdele. Dit is seker van die beste voordele van wat bedoel word met agro-ekologie.
Herwinning van oorbelaste hulpbronne, omvorming van gesindhede en praktiese en meetbare leiding deur ’n span kundiges waaronder die inheemse kennis van veral klein boere in kommunale gebiede, is ’n sprekende bewys.
TIEN ELEMENTE
Hierdie verslag lewer bewys van die toepassing van die tien elemente van agro-ekologie wat die Voedsel- en Lanbou-organisasie (FAO) geïdentifiseer het. Dit is naamlik die erkenning van diversiteit, die deel van kennis, die strewe na strategiese sinergisme, doeltreffendheid, herwinning, veerkragtigheid, die erkenning van sosiale waardes en stelsels, die erkenning van tradisies, verantwoordelike korporatiewe toesig en solidariteit tussen produsente wat veral plaaslike markte kan en wil ondersteun.
Indien gevallestudies van suksesse en mislukkings binne die landbou-waardeketting ontleed word, val dit op dat dit grootliks afhang van die mate van voldoening aan die beginsels van agro-ekologie.
Boeregemeenskappe het en kan kommersialisering, met die klem op volhoubaarheid, sélf beter laat werk. Dit is mits hulle nie deur struikelblokke op hul pad gepootjie word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie