Agste grootste dorp in die land
Agste grootste dorp in die land

Agste grootste dorp in die land

Dani Booysen
TROTSE REHOBOTHER SKRYF:

In Republikein van 12 Februarie 2020 onder die koerantkop "Oudonnie weer in Maart voor hof" verwys Republikein na die inwoners van Rehoboth as "die klein gemeenskap in die Hardapdorpie".

'n Stelling wat op sigwaarde impliseer dat hierdie agste grootste dorp in Namibië met sy ongeveer 25 000 inwoners (opgedateer deur Mongabay in 2016) niks meer is as 'n gehuggie of informele nedersetting nie. Die teendeel egter, volgens Mongabay en ter wille van perspektief: Rehoboth beklee op grond van inwonertal die agtste posisie naas Windhoek, Rundu, Walvisbaai, Oshakati, Swakopmund, Katima Mulilo en Grootfontein wat die grootte van Namibiese dorpe betref.

Skoliere op die dorp kan vir hul skoolopleiding kies tussen ses volwaardige primêre, een gekombineerde en drie sekondêre skole met 'n gesamenlike leerlingtal van digby die 8 500. Om Rehoboth op sy verguisde baadjie te takseer, is seker te verstane . . .

Die dorp se andersdenkenheid oor Namibiese politiek het oor 'n periode van 30 jaar hom die gramskap van die sentrale owerheid op die hals gehaal. Daarom die bloedweinig ontwikkelings- en staatskapitale projekte. En daarom die maklik afleibare nuanse van 'n eenvoudig en agterlike "klein dorpie".

Sê Maar Net!

(Ons neem u baie relevante waarnemening ter harte. - Redakteur)

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!