Agt damme kry water
Agt damme kry water

Agt damme kry water

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh

Terwyl beide die Naute- en Hardapdam se sluise gister opnuut oopgetrek is toe die damme onderskeidelik 105,2% en 72,3% vol was, het nog ses ander nasionale damme ook water sedert Maandag ingekry.

Die Neckartaldam was gister om 08:00 104% vol en het sedert die afgelope Maandag ’n enorme 17 miljoen kubieke meter (Mm³) water ingekry.

Op die Mariental-munisipaliteit se Facebook-blad is verduidelik dat die Hardap se sluise getrek is omdat daar nog vloede in sy opvangsgebied voorgekom het, hoewel geen water die dam teen 09:30 gister meer binnegevloei het nie.

Die Nautedam het ook nie meer teen 09:00 gister water ontvang nie.

Die Omdeldam het van 1,4% vol op Maandag na 9,1% gister omstreeks 08:00 gelig, terwyl dit steeds nog 33,3 m³ water per sekonde bygekry het.

Die Swakoppoortdam staan nou op 94,3%, terwyl dit Maandag nog net 90% vol was. Dit het gister om 08:00 ook nog sowat 10,2% water per sekonde ingekry. Die Omatakodam het ook intussen van 41,5% tot 43,9% gelig, terwyl die Von Bachdam van 50,7% tot 52,1% gestyg het.

Die Oanobdam het ook nog sowat 7,3 m³ water per sekonde ontvang, terwyl dit sedert Maandag 1,209 Mm³ water bygekry het en van 78,3% vol na 81,8% gelig het.

Intussen meen weerkenners meer reën is op pad, wat inderdaad goeie nuus vir damvlakke is.

LandWater, ’n nieregeringsorganisasie wat satellietfoto's wetenskaplik ontleed en interpreteer, het onlangs aan Republikein gesê dat Namibië se “reënpret” vir die res van die week sal voortduur, met versterkende toestande vanaf Maandag, Dinsdag en Woensdag volgende week.

“Volgende week mag die swaarste reënweek met moontlik die wydste dekking sover vir hierdie reënseisoen wees. Die noordooste is net ietwat meer uitdagend,” het LandWater aan die koerant gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!