Agt dinge wat jy moet weet oor olie teen $100 per vat
Lande wat olie uitvoer, sal groot opbrengste geniet, terwyl verbruikers waarskynlik onder hoër inflasie gaan deurloop.
Met die olieprys wat steeds styg begin kenners voorspel dat dit weer teen $100 per vat kan verhandel.
Dit het laas in 2014 dié vlak bereik.
Daar gaan wenners en verloorders in die wêreldekonomie wees indien olie wel dié vlak haal.
Lande wat olie uitvoer, sal groot opbrengste geniet terwyl verbruikers waarskynlik onder hoër inflasie gaan deurloop.
1. Wat beteken dit vir wêreld se ekonomiese groei?
Hoër oliepryse sal huishoudings se inkomste en hoeveel verbruikers bestee, beïnvloed.
Europese lande, China en ander lande soos Suid-Afrika wat hul olie hoofsaaklik invoer, sal waarskynlik ’n styging in inflasie ervaar.
Met die winter aan die kom in die Noordelike Halfrond sal lande dáár die druk waarskynlik eerste voel.
Verbruikers kan egter ander energiebronne soos biobrandstof of gas oorweeg. Dit gaan egter tyd neem om die verandering te maak.
Olie sal vir ’n wyle bo $100 per vat moet verhandel voor die invloed daarvan op ekonomiese groei gesien sal kan word.
2. Hoe kan die wêreldekonomie die prys absorbeer?
Bloomberg Economics se navorsing wys olie teen $100 per vat sal waarskynlik meer nadele as voordele vir ekonomiese groei meebring.
Jamie Murray, hoofekonoom van Bloomberg, sê “die skalie-revolusie, laer energie-intensiteit en hoër algemene prysvlakke beteken dat die invloed [van olie teen $100 per vat] kleiner sal wees as wat dit voorheen was.
3. Hoe wil Iran en Trump die mark beïnvloed?
Dit is nie duidelik wat die invloed van politiek op die prys van olie gaan hê nie.
Hernude sanksies deur die VSA op Iran het reeds ’n nadelige invloed op dié land se olie-uitvoere.
Hoewel pres. Donald Trump meer druk op die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) plaas om meer olie te produseer is daar beperkte kapasiteit.
Olieproduksie in lande soos Venezuela, Libië en Nigerië verkeer weens ekonomiese ineenstorting of openbare onrus ook onder druk.
4. Wie wen?
Die lande wat die meeste olie produseer, is ontluikende ekonomieë.
Olie het in 2016 sowat 21% van Saoedi-Arabië se bruto binnelandseproduk (BBP) uitgemaak. Dit is meer as dubbel die bydrae van olie tot die BBP van Rusland. Albei dié lande sal groot voordeel uit hoër pryse trek.
Ander moontlike wenners is Nigerië en Colombia.
Hoër inkomste uit olie sal help om die tekort op hul lopende rekening te verminder en regerings toelaat om meer te spandeer wat weer beleggings behoort te lok.
5. Wie verloor?
Lande soos Indië, China, Taiwan, Chili, Turkye, Egipte en die Oekraïne sal onder die hoër pryse ly.
Deur meer vir olie te betaal, gaan daar weer druk op lopende rekeninge geplaas word. Dit sal ekonomieë ook meer kwesbaar maak wat betref hoër rentekoerse in die VSA.
In die geval van Suid-Afrika is daar ’n groot moontlikheid dat die hoër olieprys en rand wat verswak het, gaan beteken dat mense in Gauteng vir die eerste keer nog meer as R17 per liter petrol sal moet begin betaal.
Die petrolprys sal na verwagting op Woensdag 3 Oktober styg.
Die Sentrale Energiefonds het nog nie die finale prys bekend gemaak nie.
6. Wat beteken dit vir die wêreld se grootste ekonomie?
Hoër oliepryse het deesdae ’n kleiner invloed as wat dit voorheen gehad het.
Dit is alles te danke aan skalie-olieproduksie.
Amerika maak al hoe minder staat op ingevoerde olie en produseer al meer sy eie.
7. Wat van inflasie?
Die koste van energie het dikwels ’n beduidende invloed op verbruikerspryse.
Hoër oliepryse wat vir ’n langer tyd gehandhaaf word, kan egter wel ’n invloed op inflasie hê. Veral wanneer dit die koste van logistiek begin beïnvloed.
8. Wat beteken dit vir reserwebanke?
As duurder olie inflasie beïnvloed, is daar ’n kans dat reserwebanke rentekoerse kan verhoog.
Die reserwebank in Indië het reeds gewaarsku hy kan rentekoerse verhoog afhangend van wat die invloed van oliepryse op inflasie is.
Dit is dieselfde in lande soos Thailand, Indonesië, die Filippyne en Suid-Afrika. – Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie