Agt ietermagôsmokkelaars gevonnis
Agt ietermagôsmokkelaars is verlede week in Namibiese howe gevonnis.
Namibiërs Willem Jonas Nangolo, Levi Wilhelm, Frans Nanga, Kanyetu Valentinus Mangundu, Mutero Bonifas Linyando en Frans Nanga is op 1 Julie in die Windhoek-landdroshof in Katutura elk tot 'n boete van N$15 000 gevonnis waarvan N$5 000 opgeskort is of tot drie jaar gevangenisstraf waarvan vyf maande opgeskort is.
Hulle is skuldig bevind aan die oortreding van die beheerde wildlewe- en handelswet ná 'n lewende ietermagô en ietermagôvel in hul besit gevind is.
Op Nkurenkuru is ook twee Namibiese mans op 7 Julie gevonnis nadat een lewende ietermagô by hulle gevind is. Moses Kangumbe en Olavi Nsinano Mpepo is tot twee jaar tronkstraf of 'n boete van N$20 000 elk gevonnis.
Volgens die weeklikse misdaadverslag van 6 tot 12 Julie van die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en drie verdagtes in hegtenis geneem.
Twee van die verdagtes is onderskeidelik in verband met renosterstropery of pogings daartoe of horingsmokkelary, en olifantstropery of pogings daartoe of ivoorsmokkelary vasgetrek.
Beslag is op 601 ammunisie, drie lewende skilpaaie en een voertuig en olifantstert gelê.
Op Outapi is mnr. John Angula Homateni Heita op 7 Julie vasgetrek glo met die olifantstert en 601 ammunisie in sy besit.
Mnr. Soiny Nakamwe is op 10 Julie op Onesi glo met drie lewende skilpaaie in hegtenis geneem.
Mnr. Herman Saba is op 8 Julie in verband met ou renosterstropery-saak by Omaruru in hegtenis geneem en beslag is op 'n voertuig gelê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie