Agt Leeus teen Wallis gekies
Rugby
In sy poging om ‘n Springhaas uit die hoed te trek, het die Springbokafrigter Allister Coetzee drie nuwe Bokke gekies om Saterdag in Cardiff teen Wallis te begin met ‘n vierde op die bank.
Die Leeus se Rohan Janse van Rensburg kry uiteindelik sy geleentheid in die middelveld terwyl Jamba Ulengo in die oor-die-muur Bryan Habana se plek gekies is.
Die Cheetahs se Uzair Cassiem is in Willem Alberts se plek as sewe-flank gekies met die jong Jean-Luc du Preez op die bank.
Daar is altesaam vyf veranderinge aan die agterlyn, met Johan Goosen op heelagter in Willie le Roux se plek en die twee Leeu-skakels, Elton Jantjies en Faf de Klerk, langs mekaar.
Die Leeu-kombinasie van Warren Whiteley, De Klerk, Jantjies en Van Rensburg langs mekaar moet die vonk verskaf om die Leeus se aanvalsplan van stapel te stuur. Die regtervleuel Ruan Combrinck is die vyfde Leeu in die span wat Coetzee en kie se bas moet probeer red. Coetzee-hulle het Lourens Adriaanse ook op vaskop ten koste van Vincent Koch gekies.
Die Leeuhaker Malcolm Marx is terug op die bank terwyl Adriaan Strauss sy laaste toets in die Boktrui begin. Hoewel die snoeiskêr ingelê is, kan Franco Mostert homself ongelukkig ag dat hy nie Pieter-Steph du Toit se slotmaat is nie. Met Marx, Mostert en Lionel Mapoe op die bank is daar agt Leeus in die groep.
Springbokke teen Wallis: Johan Goosen; Ruan Combrinck, Francois Venter, Rohan Janse van Rensburg, Jamba Ulengo; Elton Jantjies, Faf de Klerk; Warren Whiteley, Uzair Cassiem, Nizaam Carr, Lood de Jager, Pieter-Steph du Toit, Lourens Adriaanse, Adriaan Strauss, Beast Mtawarira. Reserwes: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Trevor Nyakane, Franco Mostert, Jean-Luc du Preez, Piet van Zyl, Pat Lambie, Lionel Mapoe. -SupaRugby

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie