Agter die skerms
Suné van Rooyen en Lee-Ann Lowe van Windhoek Afrikaanse Privaatskool - Windhoek Affies kry wraggies die kans om die Privaatskolenaweek 2017 ’n reusesukses te maak, maar natuurlik kom hierdie sukses nie sonder harde werk, baie hande en goeie sportgees nie.
Na 11 jaar van NAPSO-Privaatskolenaweek, kry Windhoek Afrikaanse Privaatskool uiteindelik die geleentheid om dié treffer sportfees, in die hartjie van Namibië, aan te bied.
Die skoolhoof van Windhoek Affies, mnr. Des van Heerden, sê: “Toe ek hier gekom het 9 jaar gelede, het ek vir hulle gesê: ‘Gee net vir ons ’n kans dat ons dit kan aanbied.’” Hy sê ook dat die NAPSO-Privaatskoleraad uiteindelik, na baie oortuiging, twee jaar gelede ingestem het om Privaatskolenaweek 2017 in Windhoek aan te bied.
Natuurlik het Affies geweet waarvoor hulle hulself in laat en het die beplanning en organisering van hierdie geleentheid al ’n jaar voor die tyd begin. Volgens mnr. Kobus Espach, die hooforganiseerder, het dit eintlik al ongeveer 14 maande gelede begin, omdat hulle al laas jaar in Keetmanshoop hul bemarking moes doen.
Die grootste probleem vir Affies was om die fasiliteite te skep. Hulle het 6 maande gehad om die pawiljoen, astrobaan en ekstra netbalbane te bou. Mnr Espach sê dat hul met persone van die munisipaliteit moes werk om al die goed te skuif wat ’n relatiewe tydsame proses was. Die tweede struikelblok was die parkering, omdat hulle op die perseel nie parkering het nie. Windhoek Affies moes met TransNamib reël vir ekstra parkering, maar mnr. Espach sê dat mense nie juis van daardie terrein gebruik maak nie en eerder op ander plekke parkeer.
“Ons het twee spanne . . . die een span is die mense wat net die kos doen en dan het ons ’n ander span wat die res van die organisasie doen. Eintlik kan jy dié span dan ook op deel in twee. Die mense wat net die sport doen en dan die wat die logistiek doen rondom die bane se uitleg, die aanwysings wat gedoen moet word, die krag, die produkte wat gekoop moet word en die goed wat aangery moet word soos “containers”, toilette en ander benodighede.” In totaliteit is daar 40 mense betrokke by dié drie spanne waar 10 van hulle aan hoof staan by die kos. Elke hoof van die kos het dan ook weer elkeen een of twee mense wat hulle help en is daar dus om en by so 60 mense wat aan hoof staan van al die organisering.
Met so ’n geleentheid is daar baie reëlings wat getref moet word en dinge wat in plek gesit moet word om sukses te verseker, maar die Windhoek Affies het hulself goed van hul taak gekwyt.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie