Agterstallige pos glo nie NamPost se skuld
Agterstallige pos glo nie NamPost se skuld

Agterstallige pos glo nie NamPost se skuld

Die nasionale posdiens het glo vroeër vanjaar besluit om die pos padlangs met hul eie vragmotors aan te ry ná klagtes van kliënte.
Catherine Sasman
Catherine Sasman – Volgens NamPost is die agterstand in die aflewering van pos en pakkies nie sy skuld nie, maar wel die Suid-Afrikaanse Internasionale possentrum in Johannesburg se skuld.

“NamPost is net in Namibië werksaam,” het mnr. Wilson Shikoto, NamPost se woordvoerder, oor die beweerde vertragings van soms twee jaar in posaflewering gesê.

Shikoto het gesê die possentrum in Johannesburg het al die pos hanteer wat van Europa, Asië en elders af na die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) gestuur word.

In November verlede jaar het die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) erken daar is ’n agterstand in die aflewering van pos weens ’n staking vroeër die jaar.

Sapo het gesê die agterstand het sowat 38 miljoen posstukke behels, wat na ander SADC-lande gestuur moet word.

Daar is verseker die agterstand sou teen September en Oktober verlede jaar weggewerk wees. Later is gesê dít kon weens verskeie redes nie gebeur nie.

“Ons het geen beheer oor die Johannesburg-sentrum nie,” het Shikoto gesê.

Hy het bygevoeg NamPost het vroeër vanjaar besluit om die pos padlangs met hul eie vragmotors aan te ry omdat kliënte gekla het.

Dit is waarom sekere kliënte nou pos en pakkies ontvang.

“Ons verstaan dit is nie goed nie en ons is gedurig met die Universal Postal Union (UPU) in verbinding. Eendag sal die probleem opgelos word. Intussen moet kliënte net wag. Dit is ’n uitdaging,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!