Agterstand van 130 verassings
Henriette Lamprecht – Die krematorium in Windhoek het tans 'n agterstand van ongeveer 130 liggame wat wag om veras te word.
Volgens die woordvoerder van die Windhoekse munisipaliteit, me. Lydia Amutenya, groei die lys steeds aan namate sterftes daagliks aangeteken word.
Amutenya sê die krematorium veras tans daagliks vier liggame, die voorgestelde kapasiteit. Sy het bevestig dit is tans sewe dae per week ingesluit naweke in werking.
Met verwysing na die nuwe krematorium het Amutenya gesê onderdele waarop uit Duitsland gewag is, het in die land aangekom en die herstelproses is onderweg. Na verwagting sal die nuwe krematorium teen middel September vanjaar in werking wees. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie