Agterstevoor, onderstebo
Agterstevoor, onderstebo

Agterstevoor, onderstebo

Dani Booysen
Dani Booysen - 'n Rit vanaf Aus langs die Lüderitz-spoorlyn is beslis een van die mooiste landskappe om in Namibië te ontdek.

Met die wildeperde op die roete en die talle ou huise langs die pad is dit 'n gewilde roete vir internasionale toeriste.

En dié blink nuwe spoorlyn het die land miljoene dollar gekos.

Die feit dat die lyn steeds onbruikbaar is omdat 'n tonnel nie vir die Grazplatz-seksie beplan is nie, is een van die voorbeelde wat burgers uiters bekommerd moet maak oor die aard van beplanning in ons land.

Die lyn is in 1997 gesluit en eers weer in November 2014 (sowat 17 jaar later) met die aflewering van 'n simboliese vrag via Keetmanshoop heropen. Die tender om die tonnel te bou, is intussen gevries, so wie weet hoe lank die Namib nog berge oor die betrokke seksie gaan waai.

Aanbiedinge vir die bou van die tonnel wissel tussen N$162 miljoen en meer as N$5 miljard. Die laasgenoemde bedrag moet burgers laat wonder wie nou weer hoe diep uit die staatskas wil skep.

Dit is moeilik om te verstaan hoe partye nie van die begin af geweet het 'n tonnel gaan nodig wees nie. Dit geld vir TransNamib en die regering as die waarborg en finansierder.

Die gevolg is dat die spoor nog vir etlike jare in onbruik kan wees. En so doen die mot en roes hulle werk.

Agterstevoor, onderstebo?

Maar net een bykomende gedagte: Die regering het die afgelope 27 jaar groot moeite gedoen om nuwe skole te bou, maar hoeveel ouer en selfs nuwer skole het soos ander staatsbates weens swak of geen onderhoud verval?



So sê ander

22 Maart 2017



The French campaign: a defining election



The French will vote in a month's time for what has arguably become the most consequential and unpredictable presidential contest since the founding of the Fifth Republic in 1958.

These elections will be a defining moment not just for one country but for Europe at large.

To relax now in the belief that the dice have already been rolled, and that far-right demagoguery is on its way to the dustbin of history would be a risky assumption – if not folly.

It's true a majority of French people find Ms Le Pen worrying. All the same, some of her ideas are now shared or imitated both on the left and the right.

Turnout levels could be decisive.

The Front National has become the number one political party among 18- to 25-year-olds. This alone sets France apart.

What happens next will matter greatly to the rest of Europe, including Britain, and the west.

• THE GUARDIAN

Kommentaar

Republikein 2025-04-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer