Agtien koeie op een slag gestroop

Bosslagters het onlangs Bonsmara-koeie wat aan Diethelm Redecker van die plaas Soris behoort op ’n ander plaas geslag.
Tanja Bause
Tanja Bause – Agtien Bonsmara-koeie is op een slag in die veld op die plaas Otjovasandu geslag.

Van die koeie was dragtig en sommige het reeds gekalf. Een kalf en die agterbeen van ’n ander is in ’n draad gevind. Die plaas is 60 kilometer noord van Outjo op pad na Etosha geleë.

Die koeie het aan Diethelm Redecker van die plaas Soris behoort.

“Ek het in 2019 met baie moeite en baie boskos die koeie aan die lewe en in ‘n goeie kondisie gehou. Die masjiene wat gebruik word om boskos te maak, is ontsettend duur en dis baie werk om dit te maak. Die afkap van die bosse, die maal en meng van die kos en nou is hulle geslag en die vleis gesteel,” het hy gesê.

Hy weet nie presies wanneer die diere geslag is nie omdat die bosslagter die velle met die hare na onder toe draai sodat die aasvoëls dit nie as ‘n karkas herken nie.

“Die voëls sien dit nie en kan ons dus nie waarsku nie. ‘n Roofdier het aan een van die koppe getrek en die vel het omgedraai en ons het die aasvoëls gesien. Ons het met ‘n hommeltuig oor die kamp gevlieg en op die slagplek afgekom.“

Volgens sy ondervinding slag bosslagters vir sowat drie dae. Hulle hang repe vleis op die drade en sodra dit droog is, word dit vervoer.

“Die ligte reënbuie het die voetspore verspoel wat sowat een kilometer tot by die teerpad gelei het.”

Volgens hom kry bosslagters keer op keer borg en hou hulle aan om diere te slag. Die vleis word deur kapana-verkopers op informele markte verkoop, beweer Redecker.

“Vir ’n permit van N$50 kan jy vir ses maande wildsvleis verkoop, wanneer dit daar in die skottel is hoe bewys jy wat is wat. Daar is geen naspeurbaarheid nie. Vir beesvleis moet jy ’n permit van die slagter en van die munisipale gesondheidsinspekteur hê. Dis ’n reuseprobleem en solank as wat daar geen naspeurbaarheid bewys moet word nie, sal dit landswyd nie opgelos word nie en die stroping van beeste sal nie ophou nie; inteendeel sal dit net toeneem.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!