Agtste bal kry huis
WB-rugby
Hy het vir Academia uitgedraf in die skool se gloriejare in skolerugby en is die agtste, trotse eienaar van 'n Wêreldbeker-rugbybal met die handtekeninge van die Namibiese span.
Mnr. Neels van der Walt van Windhoek het met 'n bod van N$1 270 die laaste versamelstuk in Namibia Media Holdings (NMH) se veiling ten bate van die Amos Meerkat-projek vir kleuterskole opgeraap.
Anders as sommige was hy vas oortuig die Springbokke sou die knoop in die eindstryd teen Engeland deurhaak. “Maar ek het nie gedink hulle gaan met 20 punte wen nie,” sê hy.
Neels het ook 'n bal van 2015 se WB en is oorgehaal om in 2023 sy versameling weer aan te vul.
Die agt balle wat NMH op die spel geplaas het, is vir 'n totale bedrag van N$10 860 opgeveil. NMH het die skenking verder aangevul en het op 1 November 'n bedrag van N$20 000 aan die Amos Meerkat-projek oorhandig vir die ontwikkeling van hul leerplanne. FNB Namibia is een van Amos Meerkat se ander borge.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie