Agttien mense sterf aan Covid
Agttien mense sterf aan Covid

Agttien mense sterf aan Covid

Ronelle Rademeyer
Agttien mense van wie die meeste in die sentraal-noordelike streke woonagtig was, is in die jongste verslagperiode aan Covid-19 dood, sê die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste sê in sy daaglikse oorsig.
"Al die aangemelde sterftes is Covid-19-sterftes," sê die ministerie. Nege mense is tussen verlede Dinsdag en Vrydag dood, sewe het op Nuwejaarsdag en 2 Januarie hul stryd teen die virussiekte verloor en twee het Maandag gesterf.
Twee van die sterftes het tuis voorgekom, en wel by Engela en Oshikuku.
Slegs twee van die oorledenes was volledig ingeënt, maar het onderliggende siektetoestande gehad, sê die ministerie.
Intussen het 395 mense die afgelope 24 uur positief getoets vir Sars-CoV-2 nadat 1 934 mense hulle laat toets het. Dit is ’n positiwiteitskoers van 20,4%, wat beteken een uit elke vyf mense wat getoets is, was positief.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!