Ai, vir Ai-Ais
OCKIE FOURIE SKRYF:
As stappers wat vir die afgelope 10 jaar gereeld die staproete doen, is dit met afgryse dat ons die verval van Ai-Ais aanskou.
Dit is duidelik dat die personeel nie die kennis of die wil het om van die plek ’n sukses te maak nie. Buitelandse toeriste het net met ongeloof gekyk na die glibberige groen slik wat in die enigste swembad was. Stort- en toiletdeure kon nie toemaak nie, badkamers is nie skoongemaak nie en geen toiletpapier was beskikbaar nie.
Kan daar nie iemand aangestel word wat kennis het van tuinbou om die eens pragtige plek weer te laat herleef nie? Dit is duidelik dat daar te veel werkers is wat doelloos rondgedwaal het en die meeste van die tyd, met ’n gewaarborge salaris, van son na koelte skuif.
Was dit nou regtig nodig om gedurende spitstyd die opknappingswerk, wat ons almal weet nie binne die kontraktyd voltooi sal wees nie, aan te pak?
Die grondpaaie na Ai-Ais en Hobas is onbegaanbaar, voertuie ruk en skud uitmekaar. Wat word met die gelde gedoen wat toeriste by die grensposte aan die Road Fund betaal?
Dit is duidelik dat Ai-Ais deur die toedoen van RA en NWR onberekenbare skade aan die eens goeie beeld van Namibië aanrig. Daadwerklike optrede deur NWR en RA is nodig om die enigste inkomste (toeriste) vir die unieke streek te verseker.
Oplossing:
RA – Skraap en verbeter die paaie en hou dit in stand.
NWR - Dringende opleiding, motivering of vervanging van personeel met dinamiese personeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie