Air Nam: Likwidasie het impak op jagbedryf
Die Namibië Professionele Jagtersvereniging sê die vervoer van jagtrofeë, vuurwapens en ammunisie vir oorsese jagters word deur die likwidasie van Air Namibia geraak.
Francoise Steynberg
Air Namibia se likwidasie het ’n impak op die jagbedryf met nuwe opsies wat gevind moet word vir die vervoer van trofeë, wapens en ammunisie vir buitelandse jagters.
“Ons taksidermiste en verskepingsmaatskappye sal nou nuwe of alternatiewe opsies moet vind om trofeë en jagmemorabilia vir ons jagkliënte na hul verskillende lande te vervoer,” het die uitvoerende hoof van die Namibië Professionele Jagtersvereniging (Napha), me. Tanja Dahl, gesê.
“Air Namibia wat verbind is aan die Namibiese Grondwet wat die gereguleerde volhoubare gebruik van ons wildlewe bekragtig, was ’n getroue vennoot in hierdie verband,” het sy gesê.
“Verskepingsagente sal nou alternatiewe opsies moet vind, want sommige lugrederye verbied die vervoer van jagtrofeë en ander weier om wapens en ammunisie te vervoer.”
Dahl het aan Republikein gesê sommige lugredery vervoer wel jagtrofeë, maar ander weier om trofeë van kategorie I van die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) te vervoer.
“Oor die algemeen is dit ’n netelige situasie,” sê Dahl.
Volgens haar vervoer Lufthansa se Eurowings tans passasiers se vuurwapens en ammunisie in hul ingeboekte bagasie, en sal ook jagtrofeë vervoer.
“Lufthansa het wel ’n ruk gelede geweier om trofeë te vervoer, maar sedert die Covid-19-pandemie vervoer Eurowings wel weer trofeë.
“Tot dusver lyk die vervoer van jagtrofeë vir die Europese mark goed,” sê Dahl.
Wat die Amerikaanse lugroetes betref, “vervoer Ethiopian Airlines tans wapens, ammunisie en jagtrofeë”.
Jagters wat die graagste volgens Napha in Namibië kom jag, is Duitssprekende Europeërs, Amerikaners en van voormalige Oosbloklande.
Dahl meen alles kan egter in ’n oogwink verander “waar Namibiërs altyd op Air Namibia kon staatgemaak het”.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie