Air Nam-saak eers Donderdag in hof
Die jarelange regstryd tussen die nasionale lugredery en die bankrot Belgiese redery Challenge Air SA word dié week op die spits gedryf.
Die dringende hoërhofaansoek om die nasionale lugredery Air Namibia te likwideer is tot Donderdagmiddag uitgestel.
Die hofaansoek sou gisteroggend in die Windhoekse hoërhof dien, maar waarnemende regter Esi Schimming-Chase was volgens ’n hofbevel nie beskikbaar nie.
Dit spruit uit mnr. Anicet Baum, die Belgiese likwidateur, wat Air Namibia en die minister van staatsondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, op 1 Oktober in kennis gestel het dat hy op 26 Oktober die hoërhof in Windhoek in 'n dringende aansoek gaan vra om dié redery te likwideer.
Air Namibia het mnr. Sisa Namandje, wat vir Baum optree, in kennis gestel dat hy die aansoek gaan teenstaan.
Die jarelange regstryd tussen Air Namibia en die bankrot Belgiese redery Challenge Air SA spruit uit 'n ooreenkoms wat Air Namibia in Maart 1998 aangegaan het vir die huur en instandhouding van 'n Boeing 767-33 van dié Belgiese maatskappy. Air Namibia het later aangevoer daar is fout met die vliegtuig en het nie die kontrak eerbiedig nie.
Hoewel Challenge Air SA kort daarna gelikwideer is, het die likwidateur Air Namibia in 'n hof in Duitsland vir kontrakbreuk van €25 miljoen gedagvaar.
Baum sê in die hofstukke hy en Air Namibia het op 11 Desember verlede jaar 'n terugbetalingsooreenkoms aangegaan vir die nagenoeg 18,3 miljoen euro wat die nasionale redery Challenge Air SA in daardie stadium nog geskuld het.
'n Terugbetalingskedule is opgestel ingevolge waarvan die eerste betalings in Desember verlede jaar gemaak moes word, en die laaste van 23 betalings op 17 September 2021.
Baum sê Air Namibia het vyf betalings van sowat 8,5 miljoen euro gemaak en toe opgehou om te betaal. Die laaste betaling is op 14 April vanjaar oorbetaal.
Volgens hom het die regering laat blyk hy is self ook nou ten gunste van Air Namibia se likwidasie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie