Air Nam-verdagte steeds in aanhouding
Die 31-jarige mnr. Penna Munyunda wat daarvan aangekla word dat hy na bewering N$1,1 miljoen van sy werkgewer, Air Namibia, wou steel, het vandag sy eerste verskyning in die Windhoekse landdroshof gemaak.
Hy bly tot 11 Oktober in aanhouding wanneer hy sy borgaansoek bring.
Munyunda het na bewering onwettig ‘n betaling van N$1,1 miljoen, wat vir die Namibiese Lughawemaatskappy (NAC) bedoel was, na ‘n ander bankrekening oorgeplaas.
Standard Bank Namibia het Air Namibia oor die verdagte transaksie ingelig.
Munyunda word van bedrog of alternatiewelik diefstal aangekla.
Hy is deur mnr. Christiaan Nambahu verteenwoordig. Die staatsaanklaer is mnr. Rowan van Wyk en die saak is deur landdros Vanessa Stanley aangehoor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie