Air Nam-werker in kruisvuur oor Adjovi
Catherine Sasman - Die feit dat me. Jacqui Dadford se kontrak met Air Namibia nie hernu is nie is na bewering gekoppel aan 'n onderonsie met die stigter van die Kora-toekennings, mnr. Ernst Adjovi. Hy word nou gesoek vir bykans N$24 miljoen wat hy die Namibiese regering skuld.
Dadford het vir meer as 23 jaar by Air Namibia gewerk maar haar kontrak is nie hernu nadat sy deur die waarnemende besturende direkteur, adv. Mandi Samson, ná die voorval met Adjovi glo van rassisme beskuldig is.
Uit ‘n verslag wat Dadford, die voormalige bestuurder van die Johannesburgse kantoor, aan Air Namibia voorgelê het, het die voorval met Adjovi gebeur toe hy en sy Kora-geselskap op 13 Januarie vir ‘n vlug van Johannesburg na Windhoek ingeteken het.
Adjovi het by die besigheidsklas ingeteken terwyl die res van sy geselskap by die ekonomiese klas se toonbank aangemeld het en deur personeel vir bewyse van hul visumaansoeke gevra is. Twee lede van die Kora-geselskap kon nie bewys hulle sou visums by hul aankoms in Windhoek kry nie.
Dadford het ook gemerk dat een vlugbespreking nie reg was nie.
Dit was blykbaar toe dat Adjovi oorgestap het na die ekonomiese klas waar hy “konfronterend” teenoor Dadford geraak het.
Sy het in haar verslag gesê sy het die probleem aan Adjovi probeer verduidelik, maar hy het in daardie stadium sy humeur verloor. Hy het haar glo begin dreig dat hy haar by president Hage Geingob en Samson sou verkla.
Adjovi het blykbaar sy handbagasie rondgesmyt en ook sy paspoort na haar gegooi.
Dadford het hom glo waarsku dat hy van die toonbank verwyder kon word omdat hy oproerig was. Hy blykbaar geskree dit is die rede waarom hy nie van Suid-Afrikaners hou nie " omdat hulle geen respek vir my mense het nie" .
Adjovi het later blykbaar daarop aangedring dat al die lede van sy geselskap na die besigheidsklas opgegradeer word wat volgens hom deur Samson gemagtig sal word.
Ongeveer ‘n maand later, op 16 Februarie, het Samson se kantoor laat weet sy het vir die volgende dag ‘n vergadering met die personeel in Johannesburg hê.
Volgens Dadford het Samson by die aanvang van dié vergadering gewaarsku dat Dadford “nou in die kruisvuur” is en bygevoeg dat “rassistiese aspekte” in die Johannesburg-kantoor “nie geduld sal word nie”. Sy het ook kommer uitgespreek oor beweringe van rassediskriminasie.
Samson het blykbaar by die vergadering gesê sy is opdrag gegee om Dadford van haar pos te onthef. Dadford mag ook voortaan geen kontak met kliënte hê nie.
Sy het Dadford voorts beskuldig van voortrekkery en glo ‘n uitlating gemaak oor “wit bestuur” en watter probleme dit blykbaar veroorsaak het.
Samson het na bewering na die Adjovi-aangeleentheid verwys as ‘n voorval tussen Dadford en ‘n “baie goeie vriend van die president”. Sy het toe gesê dat president Geingob haar opdrag gegee het om die kwessie te berde te bring en “stappe te doen waar nodig”.
Samson sou Air Namibia se interne ouditeurs na die Johannesburg-kantoor stuur om beweringe te ondersoek.
Sy het ook genoem dat sy Air Namibia se buitelandse kantore sou “ver-Namibies” oor “rassevoorvalle”.
Air Namibia se verklaring oor die opskorting van Dadford se kontrak is blykbaar omdat sy nie ’n Namibiër is nie. Dadford, ‘n wit vrou, is egter in Namibië gebore.
Die waarnemende woordvoerder van Air Namibia, mnr. Wimpie van Vuuren, het gister gesê voorvalle soos dié met Adjovi gebeur gereeld en sou nie die einde van Dadford se verbintenis met Air Namibia tot gevolg gehad het nie.
Hy het gesê Samson het die Johannesburg-kantoor aangedoen as ’n roetine besoek wat ook aan al die ander buitelandse kantore gebring word. Hy het bygevoeg die vergadering is in Johannesburg gehou om goeie werksverhoudinge te bewerkstellig.
" Die voormalige takbestuurder was nie gebrandmerk as 'n rassis nie en sy was ook nie gesê dat haar kontrak nie verleng sou word nie. Adv. Samson ontken sy is opdrag gegee om me. Dadford te verwyder aangesien die bestuur in sy diskresie onafhanklik van enige eksterne invloede 'n besluit neem," het Van Vuuren gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie