Air Namibia: 250 eis pakkette

Voormalige werknemers van Air Namibia dagvaar die lugredery, regering en 'n aantal ministeries vir skeidingspakkette wat hulle glo op 31 Maart reeds moes ontvang het.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – “Air Namibia was die nasio­nale lugredery en 'n staats­onderneming. Ek het 22 jaar van my lewe gemors. Die regering het ons onder die bus gegooi.”

So het mnr. Renier Bougard tydens gister se hofverrigtinge – waar 250 voormalige werknemers Air Namibia hof toe sleep – verduidelik waarom dit van belang is dat die regering en twee ministeries by die hofgeding ingesluit word.

Van die sowat 640 voormalige werknemers wat glo nooit hul beloofde skeidingspakkette ontvang het nie, het sowat 250 'n regsgeding teen onder meer die lugredery, regering en die ministerie van staatsondernemings aanhangig gemaak.

Bougard, wat 22 jaar vir Air Namibia gewerk het en steeds werkloos is, is as verteenwoordiger van die werknemers aangewys en het gister in die arbeidshof met verteenwoordigers van Bruni and McLaren, die likwidateurs, en verteenwoordigers van Air Namibia ontmoet.

Geen verteenwoordigers van die regering en betrokke ministeries was teenwoordig nie en die saak is tot 17 November uitgestel.

Gister is ook bekend gemaak dat die saak as 'n klasgeding kwalifiseer.

Die betrokke partye sal vir konsiliasie ontmoet om moontlik die geskil vreedsaam te besleg. Indien onderhandelinge onsuksesvol is, sal die volgende stap arbitrasie wees.

Die werknemers dagvaar altesaam sewe verweerders, insluitend Air Namibia, die regering, die ministerie en minister van finansies en die ministerie van staatsondernemings.

'n Groep voormalige werknemers het gister buite die arbeidshof saamgedrom.

Hoewel slegs 34 voormalige werknemers aanvanklik op die lys van applikante ingesluit was, het Bougard die hof ingelig die lys van name het tot 250 gegroei.

Altesaam 640 werknemers het nie skeidingspakkette, met 'n gesamentlike waarde van sowat N$100,5 miljoen, ontvang nie.

Die hof het versoek dat al 250 voormalige werknemers – wat die saak aanhangig maak – se handtekening benodig word en Bougard het onderneem om dit so gou as moontlik af te handel. Volgens Bougard het al die werknemers ooreenkomste geteken wat die bedrag van hul skeidingspakkette aangedui het. Klasgedinge is van toepassing in gevalle waar daar ver­skeie eisers met dieselfde klagtes teen een verweerder is. Dit is meer prakties om soortgelyke regsgedinge teen 'n spesifieke verweerder saam te voeg as om talle individuele regsgeding aanhangig te maak.

Die meerderheid klasgedinge het 40 of meer applikante. Daar is glo nog 'n afsonderlike saak teen Air Namibia, vir dieselfde kwessie, wat op 25 Oktober in die arbeidshof aangehoor sal word. Die saak sluit een applikant en een verweerder in.

Bougard gaan glo aansoek doen vir die twee sake om saamgevoeg te word en wat al sewe respondente insluit.

[email protected]

FOTO’s
Mnr. Renier Bougard het 22 jaar vir Air Namibia gewerk en is deur die ander voormalige werknemers as verteenwoordiger in die regsgeding aangewys. Foto Kristien Kruger
'n Groep voormalige werknemers van Air Namibia, wat nie hul skeidingspakkette ontvang het nie, het gister buite die arbeidshof saamgedrom. Foto Kristien Kruger

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!