Air Namibia kan vlieg ná nagtelike interdik
Die nasionale redery se binnelandse vlugte is danksy ’n laatnag hofaansoek nie opgeskort nie.
Ronelle Rademeyer – Air Namibia kon Woensdagnag daarin slaag om in die hoërhof in Windhoek ’n tussentydse hofbevel te kry wat die Vervoerkommissie van Namibië verbied om sy lugdienslisensie vir geskeduleerde vlugte op te skort.
Regter Marlene Tommasi het ná sy adv. James Diedericks se betoog namens Air Namibia gehoor het, die interdik uitgereik en die Vervoerkommissie se besluit onwettig en ongeldig verklaar.
Mnr. Paul Nakawa, kommunikasiehoof by Air Namibia, sê die hof het om eenuur die nag verdaag. Die lisensie sou om een minuut voor middernag opgeskort word.
Die hof het gelas die Vervoerkommissie, die Namibië Burgerlugvaartowerheid, die minister van werke en vervoer en die regering moet om 3 Augustus redes aanvoer waarom dié bevel nie ’n finale bevel van die hof gemaak kan word nie.
Volgens Nakawa is besluit om hof toe te gaan toe die Vervoerkommissie teen 17:00 Woensdag nie op ’n versoek reageer het om die besluit te heroorweeg nie.
Me. Eldorette Harmse, voorsitter van die Vervoerkommissie, het die nasionale redery Maandag in kennis gestel dat die kommissie ingevolge die voorwaardes van die Lugdienswet, wet 51 van 1949, nie ’n ander keuse het as om die lisensie op te skort nie.
Dié wet bepaal die redery moet finansieel in staat wees om ’n veilige, bevredigende en betroubare lugvervoerdiens te lewer. Air Namibia het op 27 Mei tydens ’n vergadering met die Vervoerkommissie gesê hy het N$8 miljard nodig om sy insolvensie om te keer. Net 12% daarvan of N$983 miljoen, is egter in die huidige boekjaar vir hierdie staatsonderneming begroot.
Sy het by navraag gesê aangesien die aansoek nie vooraf op die Vervoerkommissie beteken is nie, het sy eers gisteroggend gehoor ’n interdik is toegestaan. Harmse het gesê sy wil nie kommentaar lewer voor sy nie die hofstukke bestudeer het nie.
Mnr. Elia Erastus, waarnemende besturende direkteur van Air Namibia, het gister (Donderdag) in ’n verklaring die versekering gegee alle vliegtuie en toerusting word gereeld gediens om te verseker passasiers en werknemers is veilig.
Die redery vlieg tans tussen Eros, Ondangwa, Rundu, Katima Mulilo, Walvisbaai, Lüderitz en Oranjemund.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie