Air Namibia ku00e1n steeds gered word, su00ea IPC
Air Namibia ku00e1n steeds gered word, su00ea IPC

Air Namibia kán steeds gered word, sê IPC

Die nasionale lugredery het ­historiese skuld van N$1,3 miljard, maar 'n opposisieparty sien lig aan die einde van dié donker tonnel.
Ogone Tlhage
Ogone Tlhage – Die Independent Patriots for Change (IPC) glo Air Namibia kan steeds gered word en die regering se besluit om dié staats­onderneming te likwideer, is nie in die land se beste belang nie.

Twee ministers (van finansies en staatsondernemings) het verlede week aangekondig die nasionale ­lugredery word gelikwideer en insolvensie is glo een hoofrede waarom sy dienstermyn ná 75 jaar tot 'n einde kom.

Air Namibia het 'n verlies van N$119 miljoen gely, terwyl die lugredery se historiese skuld N$1,3 miljard beloop. Die regering sal N$2,5 miljard moet opdok om die likwidasie te finaliseer.

Die lugredery het sedert sy stigting nog selde 'n wins getoon.



KANSELLEER ROETE

Die IPC het die regering aangemoedig om die huur van twee Airbus A330-vliegtuie, sowel as die Windhoek-Frankfurt-roete te kanselleer in 'n poging om die lugredery te red.

“Kanselleer die Windhoek-Frankfurt-roete en stuur die twee gehuurde vliegtuie terug óf onderverhuur dit – terwyl steeds voortgegaan word om die huurvoorwaardes na te kom met nuwe bepalings.”

“Dié twee maatreëls alleen sal die maatskappy sowat 80% van sy bedryfskoste bespaar,” het die party gesê.

Die IPC stel voor dat finansiering van die regering se pensioenfonds (GIPF) en NamPower bekom word.

“Die regering moet die GIPF, NamPower en Namwater aanmoedig om 'n herstruktureringslening van N$2 miljard te bewillig en om ­dividende van ander staatsondernemings na die lugredery te herlei om dit te red,” het die IPC gesê.



UITRUIL VAN ONBENUTTE GROND

Die party stel verder voor dat onbenutte grond vir aandelekapitaal in die lugredery geruil moet word.

“Gee aandele aan private entiteite deur die uitruil van onbenutte landbougrond, wat private aandeelbesit moontlik maak.

“Met private entiteite as aandeel­houers sal die keuring van direksie­lede en die bestuurspan, ­insluitend dié van 'n uitvoerende hoof, met ­duidelike korporatiewe bestuurstrukture en bedryfstelsels in plek wees. Dit verseker dat swak ­leierskap uitgeskakel word en dit sal bydra tot die opheffing van die personeel se geestelike ingesteldheid,” het die IPC gesê.

Volgens die party sal dié ­voorstelle die lugredery se winsgewendheid verseker.

“Daar is 'n kans vir die lugredery om binne drie jaar gelyk te breek en teen 2025 'n redelike winsmarges te behaal. Daar is lig aan die einde van die tonnel en natuurlik sal baie werknemers hul werk kan behou – insluitend vlieëniers wie se ­loopbane in gedrang is.”

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!