Air Namibia se vlerke nog nie geknip
Air Namibia se vlerke nog nie geknip

Air Namibia se vlerke nog nie geknip

Air Namibia gaan nie toemaak nie en ook nie teen die einde van die maand gelikwideer word nie.

Só het die waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Xavier Masule, giser in ’n mediaverklaring gesê.

“Air Namibia sal in die afsienbare toekoms voortgaan om volgens die gepubliseerde skedule te vlieg,” het hy gesê.

Masule sê as ’n onderneming wat in bedryf is, verkry die lugdiens voortdurend goedere en dienste.

“Verskaffers moet betaal word, maar met tye raak die lugredery agterstallig met die betaling van sommige fakture, soos met enige normale besigheid.

“In gevalle waar sommige fakture agterstallig is, het die lugredery betalingsreëlings met die betrokke verskaffers aangegaan,” sê Masule.

Hy het sy dank teenoor gewaardeerde kliënte uitgespreek vir hul voortdurende steun “in hierdie uitadgende tyd”.

Alle navrae moet aan die korporatiewe kommunikasiekantoor gerig word by 061 299 6270 of per e-pos by [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer