Air Namibia: Steeds geen pakkette
Die arbeidshof het beslis die regering kan nie verantwoordelik gehou word vir die uitbetaling van voormalige Air Namibia-werknemers se skeidingspakkette nie.
Kristien Kruger – Die Air Namibia-werknemers wat verlede jaar ’n saak teen die gelikwideerde lugredery, betrokke ministeries, ministers en likwidateurs aanhangig gemaak het, sal nog nie hul beloofde skeidingspakkette ontvang nie.
Die arbeidshof het beslis die regering kan nie verantwoordelik gehou word vir die betaling van die skeidingspakkette nie, maar die saak teen die lugredery en likwidateurs sal voortgaan.
’n Konsiliasieverhoor is vir 24 Februarie geskeduleer.
Die woordvoerder van die groep voormalige werknemers, mnr. Renier Bougard, het aan Republikein gesê hulle sal die saak teen die regering verder vat.
“Ons was die nasionale lugredery en staatsonderneming. Die regering was 100% aandeelhouer en hulle is verantwoordelik vir die uitbetaling.
“Hierdie was een stryd wat ons verloor het, maar dis nog nie verby nie,” het Bougard gesê.
GEEN DIENSVERHOUDING MET REGERING
Die staatsprokureur me. Janseline Gawises het namens die regering, ministers en ministeries aangevoer daar was geen diensverhouding tussen hulle en die voormalige Air Namibia-werknemers nie en dat laasgenoemde nie die reg of bevoegdheid het om ’n aksie teen die regering in te stel nie.
Volgens haar is daar niks wat die regering verplig om die skeidingspakkette of enige ander bedrae aan die werknemers uit te betaal nie.
Die arbiter by die kantoor van die arbeidskommissaris, mnr. David Itana, het in sy ontleding van die saak bevind dat daar wel geen diensverhouding tussen die werknemers en die regering was nie.
“Daarom het die arbeidskommissaris geen jurisdiksie om oor die kwessie te besluit nie,” het Itana beslis.
Sowat 250 van die 640 Air Namibia-werknemers het in September 2021 ’n klasgeding teen die lugredery, die likwidateurs Bruni & McLaren, die ministerie van finansies en sy minister Iipumbu Shiimi, die ministerie van staatsondernemings (SOE’s) en minister Leon Jooste in die arbeidshof ingedien.
Volgens Gawises is Air Namibia in Februarie 2021 gelikwideer en wetlik is dit die likwidateurs se verantwoordelikheid om alle uitstaande eise af te handel.
LIKWIDATEURS ‘HET NIE DIE GELD’
Volgens Bougard was die likwidateurs van die begin af bereid om hul pakkette te betaal, maar het glo nie die geld nie.
Altesaam 640 werknemers het nie skeidingspakkette, met ’n gesamentlike waarde van sowat N$100,5 miljoen, ontvang nie.
Volgens Bougard is hulle ook van plan om vergoeding en rente op die bedrag te eis.
‘REGERING IS AANSPREEKLIK’
Hoewel die saak steeds voortgaan teen die lugredery en die likwidateurs, is die werknemers glo nie tevrede met die hof se beslissing om die regering van die saak vry te spreek nie.
Volgens Bougard het die voormalige werkers een van twee keuses – hulle kan die saak na die siviele hof neem, óf hul kan aansoek doen dat die uitspraak hersien word.
“Ons voel die regering is aanspreeklik en ons is geregtig op hierdie geld. Dis die geld waarvoor ons gewerk het. Ons baklei vir iets wat wettiglik ons s’n is.”
– [email protected]
FOTO’s
Die voormalige Air Namibia-werknemers wat voor die arbeidshof saamgedrom het tydens een van hul verskynings. Foto Argief
Die arbeidshof het beslis dat die regering nie verantwoordelik gehou kan word vir die uitbetaling van skeidingspakkette aan die voormalige werknemers van Air Namibia nie. Foto Argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie