Air Namibia steier onder kontantkrisis
Die lugredery is op soek na geld in die buiteland om onder meer lughaweskuld te betaal.
Augetto Graig
Air Namibia bevind homself midde in 'n ernstige kontantvloeikrisis.
Só sê me. Ellaine Samson, 'n advokaat en die onderneming se waarnemende uitvoerende direkteur.
“Kontantvloei is werklik een van ons grootste probleme. Ons worstel daarmee om plaaslike markte te vind wat gewillig is om ons te help. Hulle het nie vertroue in staatsbates nie,” het sy Dinsdag gesê.
Samson was teenwoordig toe die nuwe minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, die staatsonderneming besoek het.
“Die hele ekonomiese ekostelsel sê hulle kan ons nie help nie,” het Samson gesê.
Sy het bygevoeg die lugredery gaan finansiële steun in die buiteland moet soek.
Hoewel dit wisselkoersskommelings kan veroorsaak, moet die kans gevat word, sê sy.
Boonop skuld Air Namibia die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) soveel dat dit die NAC se ondergang kan beteken.
“Ons wil nie hê 'n sustermaatskappy moet ondergaan omdat ons hulle geld skuld nie,” het sy gesê. “Ons soek finansiering om die NAC mee te betaal,” het Samson gesê.
Sy kon nie sê wanneer die skuld gedelg sal word nie, maar het gesê die raad is bewus van die situasie en het die ministerie reeds deur middel van die permanente sekretaris se kantoor in hierdie verband genader.
In 2013 het Air Namibia se skuld reeds meer as N$60 miljoen beloop, en teen laas jaar Augustus was dit reeds meer as N$200 miljoen.
Mnr. Gerson Tjihenuna, Air Namibia se raadsvoorsitter, het gesê die maatskappy sukkel die afgelope twee jaar met “ernstige finansiële uitdagings” waaroor hy die minister “agter geslote deure” wil spreek.
Hy het gesê die kwessie raak meer as 700 Air Namibia-werknemers en die verskeie maatskappye waarmee die lugredery handel dryf.
Intussen wend Air Namibia se bestuur 'n poging aan om sy beskikbare vliegtuie meer te gebruik.
Samson het gesê veral die Airbus A330 staan 14 uit elke 24 uur op die grond.
Volgens haar word baie aandag aan die probleem geskenk en gesprekke met Ethiopian Airways, Turkish Airlines en Condor gaan voort om die gebruik van vliegtuie te deel.
Mutorwa het klem gelê op die jaarlikse finansiële verslae wat jare reeds uitstaande is.
Volgens die minister sou dié inligting help om die belegging van meer staatsgeld in die lugredery te motiveer.
“As julle ons kon help met inligting oor wat die regering julle gegee het, wat julle self gemaak het, en hoe julle die geld gespandeer het, sou dit help.
“Die verantwoordelikheid vir hulp sou dan by die regering lê,” het Mutorwa gesê.
“Ek kan nie eers onthou wanneer laas ek 'n jaarverslag van Air Namibia in die parlement gesien het nie.”
Samson het erken die laaste openbare finansiële jaarverslag van Air Namibia is in 2005 uitgereik.
Volgens haar werk die lugredery se bestuur en raad sedert 2011 om die onderneming se boeke op datum te kry.
Sy sê intern het hulle reeds 2014 en 2015 se boeke voltooi, en hulle hoop om teen einde Mei vanjaar ook die 2016-'17 boekjaar se verslag gereed te hê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie