Air Namibia vlieg weer binnelands
Passasiers kan hul reisdatums kosteloos verander.
Augetto Graig
Die nasionale lugredery Air Namibia het aangekondig dat sy plaaslike vlugte weer op 6 Mei 2020 hervat. Internasionale vlugte en vlugte na buurlande in die streek bly gestaak.
Die verwikkeling is moontlik weens die aanpassing na fase 2 van die nasionale inperking teen Covid-19, sê woordvoerder mnr. Twakulilwa Kayofa.
Volgens Kayofa bied die lugredery ook nou verligting aan passasiers wie tot en met 20 April 2020 vlugte bespreek het.
“Vir alle kaartjies gekoop op of voor 20 April 2020, met reisdatums tot op 30 Junie 2020, sal een gratis verandering na ’n nuwe reisdatum tot op 30 Junie 2021, aangebied word,” sê hy.
Kliënte kan hul bespreking aanlyn verander, of ’n boodskap na [email protected] stuur, voeg hy by.
Hoewel streek- en internasionale vlugte verbode bly, bied Air Namibia steeds huurvlugte wêreldwyd vir humanitêre doeleindes om farmaseutiese voorrade, verbruiksgoedere en alle noodsaaklike dienste te vervoer, sê hy.
Reisigers binne Namibië kan nou weer vanaf Eros lughawe na Ondangwa, Rundu, Katima Mulilo, Walvisbaai, Oranjemund en Lüderitz vlieg.
Gedurende hierdie tweede fase van die nasionale inperking word vlugte na Lüderitz en Oranjemund verskuif na Woensdae, Vrydae en Sondae eerder as op Dinsdae, Donderdae en Saterdae soos tevore.
Air Namibia se waarnemende hoofbestuurder vir kommersiële dienste, mnr. Bluemy Hamutenya, sê burgers kan weer die vinnigste vervoermetode gebruik. “Ek moedig ons reisigers aan om dinge anders te doen. Kom ons verminder druk op ons nasionale paaie en gebruik lugvervoerdienste,” sê hy.
Passasiers op vlugte van Air Namibia sal voordat hulle aan boord die vliegtuig klim, verpligte temperatuurtoetse ondergaan. Alle passasiers sal ook hul gesigmaskers in openbare gebiede én gedurende vlugte moet dra.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie