Air Namibia vlieg weer Zim toe
Roetes wat direk na Harare en Victoria Falls vlieg, is weer in gebruik.
Augetto Graig - Namibië se nasionale lugredery het sedert Sondag weer direkte vlugte na Harare en Victoria Falls.
Mnr. Paul Nakawa, Air Namibia se woordvoerder, het aangekondig die roetes wat op 8 Oktober na Livingstone in Zambië herlei is, is weer van Sondag af in werking gestel.
Die laaste vlug na Livingstone het volgens Nakawa op Saterdag 27 Oktober plaasgevind.
Vlugte na Harare (SW411) vertrek weer elke Dinsdag, Vrydag en Sondag om 08:45 en land omstreeks 10:50. Na Victoria Falls vlieg Air Namibia se SW405 elke Maandag, Woensdag, Donderdag, Vrydag, Saterdag en Sondag om 13:45 en land teen 15:50.
Air Namibia moes vlugte na Zimbabwe staak nadat 'n Zimbabwiese hof 'n bevel uitgereik het vir die beslaglegging op 'n Air Namibia-vliegtuig.
Volgens Nakawa is dié bevel nou ter syde gestel.
Dít nadat Air Namibia nuwe regsverteenwoordigers in Zimbabwe moes aanstel, en die saak na die hooggeregshof verwys is.
Die aansoek is op 23 Oktober aangehoor en die Namibiese lugredery het toestemming gekry om sy verdediging teen die oorspronklike bevel in te dien.
Verwikkelinge het op 14 Maart begin met vyf Zimbabwiërs wat op pad na Turkye was.
Hulle sou van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako af na Frankfurt vlieg, maar is op die Duitse grenspolisie se aanbeveling nie op die vlug toegelaat nie, sê Nakawa.
Dié vyf dagvaar Air Namibia nou vir US$1 miljoen.
Volgens Nakawa het die hoërhof in Zimbabwe die beslagleggingsbevel op 27 Junie gemaak sonder om die partye daarvan in kennis te stel.
Hy sê 'n poging is op 5 Oktober aangewend om beslag op die Air Namibia-vliegtuig te lê.
Nakawa sê dié poging het misluk “omdat die vliegtuig waarop beslag gelê sou word nie aan Air Namibia behoort nie”.
Die Embraer-vliegtuig met registrasiemerke V5-WEB behoort aan Westair, wat dit aan Air Namibia verhuur het terwyl die lugredery se eie vliegtuig instandhoudingswerk ondergaan.
Die vyf Zimbabwiërs is verantwoordelik vir die regskoste vir die tersydestelling van die bevel, en die nasionale lugredery is vol vertroue dat die saak binnekort afgehandel sal wees, het Nakawa gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie