Airbnb nou minder gewild in sekere lande
Airbnb se inkomste het in die derde kwartaal verdubbel.
Die maatskappy, Airbnb, wat verhuurders en vakansiegangers op sy platform byeenbring vir die korttermynverhuring van eiendom wêreldwyd, is nou reeds minstens 17 maande lank winsgewend, goeie nuus vir die maatskappy in die aanloop tot sy notering in 2018.
In die kwartaal tot einde September het Airbnb inkomste van US$1 miljard verdien, dubbeld die inkomste van die derde kwartaal van 2016.
Airbnb verdien kommissie vir elke gas wat deur sy app of webwerf verblyf bespreek by die gashere wat op die platform gelys word.
Die maatskappy maak nie sy syfers amptelik bekend nie omdat dit nie ’n openbare maatskappy is nie, maar ingeligtes het die syfers aan Bloomberg gegee.
Die beleggingsbank Morgan Stanley het verlede week kommer oor Airbnb uitgespreek nadat hy bevind het besprekings is aan die taan. Dit is gegrond op ’n peiling van 4 000 kliënte van Brittanje, Amerika, Frankryk en Duitsland.
Die peiling het nie Latyns-Amerika of Asië ingesluit nie. Airbnb groei sterk in dié streke, met besprekings in Asië wat die afgelope jaar met 80% gestyg het en in Latyns-Amerika met 150%.
Airbnb is onder druk om sy private waardasie van US$31 miljard te regverdig. Die maatskappy, wat nege jaar gelede gestig is, het eers in 2016 winsgewend geword.
Brian Chesky, uitvoerende hoof, het vroeër gesê hulle gaan waarskynlik in 2018 noteer.
Airbnb het ook begin eksperimenteer met nuwe kategorieë, soos luukse verblyf, restaurantbesprekings en besprekings vir toerismebedrywighede of avontuursport. In sekere lande kan jy byvoorbeeld op die platform kooklesse of truffeljagekspedisies bespreek.
Airbnb het Luxury Retreats in Februarie gekoop. Dié firma bestuur vakansiehuise, maar bied bykomende dienste soos ’n concierge, kinderoppasser of masserings aan. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie