Airbnb wil Afrika pak
Die vyf top-Airbnb-stede in Afrika is Kaapstad, Marrakesj, Johannesburg, Nairobi en Casablanca.
Airbnb verwag om sy vinnige groei in Afrika voort te sit en sy getal kliënte vanjaar tot 1,5 miljoen te verdubbel, sê sy uitvoerende hoof, Brian Chesky.
Die aantal mense wat dié aanlyn verhuringsdiens gebruik, het in 2016 met 143% teenoor die vorige jaar toegeneem tot sowat 765 000 gaste, aldus Nicola D'Elia, die maatskappy se hoof in Afrika en die Midde-Ooste.
Sy is vol vertroue dat hulle dié groeiteiken sal haal.
En Chesky reken “dit is letterlik net die begin”. Airbnb se penetrasie in Afrika laat nog veel te wense oor.
Chesky sê sy maatskappy het 77 000 deelnemende huishoudings oor Afrika heen – uit sy 3 miljoen wêreldwyd – maar dat dit maklik “honderdduisende” kan wees op 'n vasteland wat die tuiste van meer as 'n miljard mense is.
Die 77 000 deelnemers verteenwoordig 'n toename van 95% teenoor 2015.
Suid-Afrika, wat Airbnb vroeg aangegryp het, is die voorste land in Afrika in terme van deelnemers en besoekers, wat hoofsaaklik uit die VSA, Duitsland, Brittanje en Nederland afkomstig is. Die vyf top-Airbnb-stede in Afrika is Kaapstad, Marrakesj, Johannesburg, Nairobi en Casablanca, maar die konsep is wydverspreid, van die St. Helena-eiland in die Suid-Atlantiese Oseaan tot Freetown in Sierra Leone, en selfs 'n oppervlakkige teenwoordigheid in Somalië.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie