Airlink, FlyWestair gee Namibiërs vlerke
Ronelle Rademeyer - Die private Namibiese en private Suid-Afrikaanse lugrederye, FlyWestair en Airlink, vul binnekort op alle roetes die reisleemte wat deur die nasionale rederye Air Namibia en South African Airways, asook deur Comair en SA Express gelaat is.
Laasgenoemde vier rederye se vlerke is weens bankrotskap geknip.
Dit beteken Namibiërs kan danksy FlyWestair en Airlink uitsien na direkte vlugte tussen Windhoek en Kaapstad, asook tussen Windhoek en Johannesburg.
Airlink bied reeds van 12 en 14 Oktober af vlugte tussen onderskeidelike Windhoek en Kaapstad, en Johannesburg en Walvisbaai aan.
FlyWestair se Windhoek-Kaapstad-vlug hervat op 23 Oktober. Dié redery het vandeesweek aangekondig dat hy van 2 November af bykomend ook twee geskeduleerde vlugte per week tussen Windhoek en Johannesburg sal aanbied.
Intussen het Airlink se hoof uitvoerende beampte, mnr. Rodger Foster, laat Donderdag in ’n verklaring bekend gemaak die nodige goedkeuring is bekom vir direkte, daaglikse vlugte tussen Johannesburg en Windhoek. Die eerste vlug is op 26 Oktober. Dit sal om 10:30 uit Johannesburg vertrek, en om 13:20 terugkeer.
Van 16 November af vermeerder die getal vlugte na drie per dag, met die eerste vlug wat om 06:00 uit Johannesburg vertrek en om 08:15 by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe aankom.
Van 18 November af vertrek die laaste vlug vir die dag om 19:15 na Johannesburg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie