Airtime City bemagtig jou deur tegnologie

Nuwe apps skep nuwe geleenthede.
Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee - Airtime City, die maatskappy wat Namibiërs se lewens heelwat vergemaklik het met hul lugtydkiosks en -muntoutomate, lewer weer eens 'n opwindende bydrae tot die plaaslike mark.

Om hul 10 jaar in die bedryf te vier, bring Airtime City nuwe tegnologie na die mark.

Dit sal nie net mense se lewens verder vergemaklik nie, maar ook inkomste help skep. Die doel van die nuwe tegnologie is om klein besighede en selfs individue te bemagtig.

“Ons sal binnekort 150 lugtydmuntoutomate landswyd hê. Hier gaan die publiek lugtyd, koopkrag, kaartjies vir geleenthede ensovoorts kan koop. Hulle sal selfs betalings vir allerhande dienste kan maak,” het mnr. Vincent Dreyer, bemarkingsbestuurder van Airtime City, gesê.

“Ons stel ons nuwe Merchant-app en Agent-app bekend. Dié apps sal die publiek (individue én besighede) in staat stel om sekere dienste van 'n tablet of hul selfoon af aan die gemeenskap te verkoop. Op dié manier kan hulle 'n ekstra inkomste skep,” het hy gesê.

Dit beteken dat dieselfde maatskappy wat 10 jaar gelede met net 19 lugtydmuntoutomate begin het, en nou amper 150 dwarsoor die land het, binnekort duisende mobiele verskaffers sal hê.

Namibiërs sal nou oral toegang tot al die genoemde dienste hê - op die plaas, in die klas, by hul naaste kitskoswinkel en selfs by die kroeg.

“Wat so spesiaal is aan ons twee nuwe produkte is die feit dat albei ontwikkel is om die verskaffing van hierdie noodsaaklike produkte so eenvoudig en toeganklik moontlik te maak.

“Ons doel was om aan kleiner maatskappye meer beheer oor hul voorraad te gee - al woon hulle op 'n afgeleë gebied - asook om individue te bemagtig deurdat hulle hul selfone in besighede kan omskep,” het mnr. Hugo Marx, produkontwikkelingsbestuurder, gesê.

Die Merchant-app is aan die begin van Mei bekend gestel. Dit gee aan kleiner besighede die vermoë om lugtyd, elek­trisiteit en talle ander produkte, wat selfs Hollard-begrafnispolisbetalings insluit, te verkoop. Vir net N$2 700 kry die handelaar 'n tablet en 'n klein draagbare Bluetooth-drukker waarmee hulle die produkbewys kan druk. Die tablet en drukker se pryse is onderhewig aan verandering. Airtime City kan vir die jongste pryse gekontak word. “Dit gee nie net die maatskappy 'n kans om 'n wye reeks produkte aan kliënte te bied nie, maar hulle hoef ook nie meer fisieke bewyse te hou nie. So word die kans dat hul voorraad gesteel of vernietig word, vermy,” sê Dreyer.

Die Agent-app sal individue in staat stel om krediet en ander dienste van hul selfoon af te verkoop.

Hiermee poog Airtime City om die mark vir dié gesogte produkte oop te stel vir almal - van skoolkinders tot plaaswerkers in die afgeleë Suide.

“Baie mense sukkel om by plekke uit te kom waar hulle toegang tot hierdie produkte kan kry. Met die nuwe app sal enigiemand, selfs dié op die mees afgesonderde dorpies, vinnig en maklik 'n besigheid kan begin om dié dienste aan hul gemeenskap te lewer,” het Dreyer gesê.

Die Merchant-app is tans op die mark en die Agent-app sal teen die einde van Junie op die Google Playstore beskikbaar wees.

Met diensverskaffers soos Hollard, Multi­Choice, Intercape, EventsToday en vele meer, is dit nie moeilik om te verstaan waarom Airtime City so suksesvol en gewild is nie.

“Met die eise van vandag se lewe is dit belangrik om iets te doen wat mense se lewens vergemaklik. Dit beteken ook baie vir ons dat ons aan mense 'n geleentheid kan bied om vir hulself werk te skep,” het Dreyer gesê.

Vir meer inligting, kontak een van Airtime City se landswye takke, of kontak mnr. Vincent Dreyer by +264 81 335 6301.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!