AJ in self-afsondering ná hy prins Charles ontmoet
Boks
Die Britse bokskampioen Anthony Joshua is in self-afsondering nadat hy ’n ontmoeting gehad het met die Covid-19-besmette prins Charles.
Die 71-jarige opvolger van die Britse troon is positief vir die koronavirus getoets, maar sy toestand is goed en hy is nou met matige simptome in self-isolasie in Skotland.
Die Independent berig dit is onduidelik wanneer Charles met die virus besmet is, maar hy het op 9 Maart die dag deurgebring saam met die koningin, die eerste minister en vermaaklikheid- en sportsterre – insluitend Joshua – by die Statebonddag-diens by Westminster Abbey.
Joshua het sedert April 2016 die swaargewigtitels van die Wêreldboksvereniging (WBA), Wêreldboksorganisasie (WBO), Internasionale Boksfederasie (IBF) en Internasionale Boksorganisasie (IBO) een ná die ander versamel. Sy rekord in die beroepskryt staan op 23 oorwinnings (21 uitklophoue) en ’n enkele nederlaag teen Andy Ruiz (VSA) verlede jaar – ’n uitslag wat hy in Desember gewreek het met ’n gemaklike puntesege wat hom weer al sy kampioengordels terugbesorg het.
’n Woordvoerder van Joshua sê: “AJ is tuis en volg die regering se riglyne, hy is fiks en gesond.
“Hy wens almal wat deur die virus geraak word ’n spoedige herstel en rig ’n groot dankie aan diegene in die voorste linie.”
Indien sake volgens plan verloop, verdedig Joshua sy titels van die WBA, WBO, IBF en IBO op 20 Junie in die sokkerspan Tottenham Hotspur se stadion in Londen teen Kubrat Pulev van Bulgarye.
Maar die Covid-19-pandemie kan die geveg vertraag en sodoende die langverwagte ontmoeting eers volgende jaar laat plaasvind tussen Joshua en sy Britse landgenoot Tyson Fury, die swaargewigkampioen van die Wêreldboksraad (WBC) wat die enigste ander hoog gerekende “wêreldgordel” hou.
Joshua het op Twitter sy dankbaarheid uitgespreek vir almal wat hul deel doen in die stryd teen die koronavirus. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie