Akkerbouers kuier en leer saam
Vanjaar se Meesterakkerboudag en ledevergadering van akkerbouprodusente is op 10 April op die plaas Ghaub in die Grootfontein-distrik gehou.
Die eienaar, mnr. André Compion, is as vanjaar se meesterakkerbouer aangewys.
Ná die ledevergadering in die voormiddag, het boere en belangstellendes reggeskuif om meer oor die verbouing van alternatiewe gewasse soos droëbone en voergewasse te leer. Hiervoor is twee deskundiges uit Suid-Afrika ingevoer: mnr. Mossie Mostert wat oor die verbouing en bemarking van droëbone gepraat het, en prof. Chris Dannhauser wat ‘n aanbieding oor doeltreffende voergewasverbouing en -benutting gedoen het.
In sy verwelkomingstoespraak het mnr. Derek Wright, die president van die Namibiese Landbou-unie (NLU) die akkerbouers geluk gewens met die viering van die dag en hulle geloof vir hul harde werk - veral omdat die goeie reën wat dusver geval het, daarop dui dat hulle vanjaar bogemiddelde oeste gaan produseer.
Mostert het onder andere die voordele van droëboonverbouing voorgehou, asook die ideale klimaat- en grondvereistes, die keuse van kultivars na aanleiding van hul opbrengspotensiaal, saadtipes, saaidigtheid en plantdiepte, en het ook oor bone as wisselbougewas uitgebrei.
Dannhauser het die noodsaaklike rol van ruvoer in diereproduksie beklemtoon en die eie verbouing daarvan sowel as die voor- en nadele van verskillende soorte grasse bespreek. Ruvoere kan as aangeplante voedsel vir die weidende diere dien of as hooi aangebied word.
Die meerjarige somer weidingsgewasse vir droër dele sluit borseltjiegras (op sandgrond), bloubuffelsgras (op leemgrond), Smutsvinger, Rhodesgras, witbuffelgras, oulandsgras, kikoejoe en Brasiliaanse grasse in. Eenjarige somer voergewasse speel ‘n belangrike rol in die somer en is ideaal vir noodgevalle waar voer vinnig verlang word. Hieronder tel voersorghum, Babala, Basterbabala en tef.
Eenjarige winterweidingsgewasse kan op droëland aangeplant word en mag addisionele besproeiing benodig. Eenjarige raaigras is van die bekendste. Langswenkgras en peulplante soos lusern is van die bekendstes in dié kategorie.
Aangeplante weiding kan as staandehooi benut word, dit wil sê dit word in die eerste deel van die groeiseisoen gehooi en daarna gelaat om as staandehooi op die land bewei te word. Dit is ‘n laekoste voerbron wat nie noodwendig hoë diereproduksie tot gevolg het nie, maar minstens onderhoud verseker.
Aangeplante weiding wat slegs as hooi benut gaan word, moet reeds in die saad en min of meer op die bakkie se vensterhoogte wees om die beste gehalte te lewer. Goeie hooi is groen van kleur, blaarryk en met ‘n kenmerkende aangename geur. Bloubuffelgras, oulandsgras, Rhodesgras, witbuffelgras, tef en lusern is volgens Dannhauser die “konings van hooigewasse”.
Nadat mnr. André Compion, 2014 se meesterakkerbouer, sy trofee ontvang en die aanwesiges meer oor homself en sy boerdery (sien artikel elders in hierdie uitgawe) vertel het, is almal op ‘n veldbesigtigingstoer geneem waarna in gesellige luim met aandete afgesluit is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie