Aksieplan vir sentrale rivierkomgebied
Aksieplan vir sentrale rivierkomgebied

Aksieplan vir sentrale rivierkomgebied

Dié bestuursplan is noodsaaklik om die volhoubare bestuur van die gebied se waterbronne te verseker.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh

'n Geïntegreerde waterhulpbronbestuursplan vir die Swakop Bo-Omatako-rivierkomgebied is Woensdag bekend gestel. Die strewe is om watersekuriteit, goeie -rentmeesterskap en –veerkragtigheid oor die volgende tien jaar in die gebied te bewerkstellig.

Die Swakop Bo-Omatako-rivierkomgebied verwys na die wateropvangsgebied van hoofsaaklik die Swakop- en Omatakorivier, wat een van 12 rivierkomgebiede in die land is en in sentrale Namibië geleë is.

Me. Maria Amakali, die ministerie van landbou, water en grondhervorming se direkteur van waterbestuur en die waarnemende adjunk- uitvoerende direkteur in die afdeling vir waterwese, het gesê dié rivierkomgebied is noodsaaklik “weens die ekonomiese belangrikheid van die sentrale gebied, terwyl dringende kwessies soos watersekuriteit en 'n groeiende bevolking ook faktore is wat die gebied beïnvloed.

SELFS BESPARINGS NIE GENOEG

“Dié plan is noodsaaklik om die volhoubare bestuur van die gebied se waterbronne te verseker,” het sy gesê.

Tydens die geleentheid is gewys hoe veral die hoofstad se vraag na water oor dekades heen toegeneem het, met meer klem op waterbesparing – veral sedert die vraag die verskaffingstelsel se kapasiteit in 2013 verbygesteek het.

Intussen het waterbesparings en bykomende bronne 'n reuseverskil gemaak, maar selfs hiermee sal die vraag die kapasiteit teen 2029 wéér oorskry.

Amakali sê sedert 2010 het die ministerie die ontwikkeling van planne vir verskeie rivierkomgebiede gefasiliteer en gekoördineer. Hierdie plan is die sesde en nuutste een.

Amakali sê prioriteite en kwessies in die rivierkomgebied is deur 'n breedvoerige konsultasieproses geïdentifiseer. Die doel van die plan is om seker te maak die prioriteite en kwessies word deur die onderskeie rolspelers getakel.

“Die ministerie is dankbaar vir die bestuursplan wat strategiese ingrypings voorstel oor hoe dié sentrale rivierkomgebied verbeter kan word,” het Amakali gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!